Vandeesmaand was hierdie interessante foto die skryfvonk vir die uitdaging. Ek het ‘n vrye vers geskryf.
Gedagtes
Gedagtes aan jou kleef aan my
Deursigtig
Blink
Soms ruk dit los
Sweef weg in die niet
Soms raak dit ’n stekel
geen weerstand te bied
teen verdwyn en vergeet
Like this:
Like Loading...
Related
Pragtige woordgebruik om vervlietende herinneringe te beskryf.
Dankie, Hester
Dit is beslis n mooi borrel-brekende beskrywing wat vloei. Dankie dat jy deelgeneem het.
Dankie vir die positiewe kommentaar, en ook vir die uitdaging. Nie asof ek elke dag die behoefte kry om my gedagtes in digvorm te orden nie
Nou praat jy. Dis nogal n inspanning om die minde woorde te orden sodat dit betekenis kry. Ek voel-voel self ook maar daaraan. Ek is eerder besig om my gewone skryfwerk te verbeter.
Had ons tog maar meer ure per dag 😘
Ja, dis asof alles net vinniger gaan
Pingback: A & I Poësie uitdaging: Junie – I scrap 2