• About

penpunt

~ Waar die hart van vol is …

penpunt

Monthly Archives: June 2013

Doopdag

24 Monday Jun 2013

Posted by amandacl in Gesinslewe

≈ 3 Comments

Vir ’n mooier dag kon ons nie gevra het nie. Die winterkoue het nie erg gebyt nie, die lug was blou en windstil. Die pragtige kapel by die koffiewinkel was ’n intieme bymekaarkomplek vir die familie en naaste vriende van Theuns en Simone. Die geleentheid: ons poppie, Lhente-Mari se doopdag.

 

Ds Gerhard de Wet, wat die doop behartig het, ken beide ouers al van hulle kinderdae af, wat dit ekstra spesiaal gemaak het. Sy boodskap oor Johannes die Doper, “Wat het geword van die kind?”, het aan ons almal stof tot nadenke gegee.Image

 

Nadat die doop bedien is, het ons oorgestap na die gesellige, sonnige koffiewinkel waar keurige pienk en wit-gedekte tafels gewag het, met die allerheerlikste butternut sop, broodjies en ’n pannekoek buffet. Koffie en rooi feetjiekoekies het die smullery afgerond.

 

Daar is gekuier tot laat, en deurentyd het die kleine dametjie haarself soos ’n prinses gedra en glimlaggies uitgedeel aan almal wat aandag gegee het.

Image

 

Hoe geseënd kan ’n Ouma en Oupa dan wees?

Laat jou ja ja wees

03 Monday Jun 2013

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ 2 Comments

Omdat ek nie glo aan blote toeval nie, is dit vir my ontsagwekkend as ’n mens op een dag of oor die loop van ’n bepaalde tyd, herhaaldelik met dieselfde begrip, verskynsel, vermaning, onderwerp – wat ookal – gekonfronteer word.

Dit kom in ’n verskeidenheid vorme: e-pos, ’n sms, persoonlike gesprek, ’n dagstukkie of skrifgedeelte, ’n preek, en nou het Facebook ook nog bygekom. Wat ookal die gedaante wat die onderwerp aanneem, dit gebeur genoeg kere dat ’n mens nie anders kan as om aandag daaraan te gee nie.

Dikwels besef ons nie onmiddelik wat ons daarmee moet maak nie, maar ek glo onvoorwaardelik dat, as so iets gebeur, jy iets daaruit gaan leer, of iewers gaan nodig kry. Iemand mag dalk daardeur bemoedig word, of daar lê vir jou ’n vermaning in opgesluit. Soms is dit ’n oop deur om te getuig. Ontsagwekkend!

Vanoggend is ek gebombardeer met mense en hulle optrede. Uit verskillende invalshoeke het dieselfde boodskap deurgekom: die mens is van nature nie konsekwent en betroubaar in hulle optrede nie. ImageEk lees verder van ’n kennis wat ontgogel is deur die optrede van ’n vriendin, en lees Suster Teresa se uitspraak wat lui: “Some people come in your life as blessings. Some come in your life as lessons.”

Dit het my laat dink aan Jakobus se vermaning: “Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ‘n oordeel val nie.”

Dit sê vir my dat die goddelike ideaal waarna ’n mens moet streef, is om ’n persoon te wees wat altyd, in alles, betroubaar sal wees. Geen persoon met wie jy paaie kruis, moet rede hê om jou woord te betwyfel, of jou gesindheid te bevraagteken nie.

Wat my bring by nederige afhanklikheid van die leiding van die Heilige Gees in ons lewens. As so ’n onberispelike gesindheid van onsself afhang, kan ons maar vanuit die staanspoor weet dat dit gedoem is.

Mag jy, liewe leser, ’n wonderlike dag hê, en jou ja ja wees.

Subscribe

  • Entries (RSS)
  • Comments (RSS)

Archives

  • January 2021
  • December 2020
  • November 2020
  • October 2020
  • September 2020
  • August 2020
  • July 2020
  • June 2020
  • May 2020
  • April 2020
  • March 2020
  • February 2020
  • January 2020
  • December 2019
  • November 2019
  • October 2019
  • September 2019
  • August 2019
  • July 2019
  • June 2019
  • May 2019
  • April 2019
  • March 2019
  • February 2019
  • January 2019
  • December 2018
  • November 2018
  • October 2018
  • September 2018
  • August 2018
  • July 2018
  • June 2018
  • May 2018
  • April 2018
  • March 2018
  • February 2018
  • January 2018
  • November 2017
  • October 2017
  • September 2017
  • August 2017
  • July 2017
  • June 2017
  • May 2017
  • April 2017
  • March 2017
  • February 2017
  • January 2017
  • December 2016
  • November 2016
  • April 2016
  • November 2015
  • February 2015
  • January 2015
  • July 2014
  • May 2014
  • February 2014
  • January 2014
  • September 2013
  • August 2013
  • July 2013
  • June 2013
  • May 2013
  • April 2013

Categories

  • Gesinslewe
  • Mengelmoes
  • Skryfgoed

Meta

  • Register
  • Log in

Blog at WordPress.com.

Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy