• About

penpunt

~ Waar die hart van vol is …

penpunt

Monthly Archives: March 2019

Oeps!

28 Thursday Mar 2019

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Anja Blokkies Trooskomberse is ‘n baie besondere bediening. Ons maak gehekelde komberse vir mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en probeer sover moontlik die kombers in die ontvanger se voorkeurkleure maak.

Lede hekel deurentyd aan voorraad vir die sogenaamde blokkiespens.

‘n Sekondêre missie is om ook uit te reik na waar daar nood in die gemeenskap is. Na die Knysna brande is ‘n hoeveelheid komberse gemaak uit oortollige blokkies wat nie op daardie oomblik in aanvraag was vir Trooskomberse nie. Nou doen ons dieselfde om by te dra tot die Mozambiek noodleniging.

Uiteraard wil mens dit so gou moontlik doen, en die uwe hekel toe met spoed aan my eerste bydrae. Om vanoggend te sien dat ek een lussie gemis het. Oeps!

Was hierdie nou ‘n kwilt en was die fout met opset, kon dit kwalifiseer vir die unieke stempel aan die kwilt. Maar helaas, dit is nie ‘n kwilt nie en dit was per abuis, dus sal ek maar noodhulp moet toepas.

En dan vir die volgende kombers…

Eggo’s

21 Thursday Mar 2019

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Bea Klinge is in ‘n semi-koma, bewus van geluide en mense, maar nie in staat om te reageer nie. Die geskiedenis van die Klinge- en Steenkamp families word afgewissel met die huidige situasie waarin Nel Klinge, die jongste en rebelse dogter, haar bevind. Sy probeer haarself vestig as aktrise, maar word blootgestel aan die uitbuiting en die lelike sy van die vermaaklikheidsbedryf.

Die intriges in die lewens van die families het reeds ter sprake gekom in Woestynroos, wat in 2015 gepubliseer is as deel van die Vinkel & Koljander-vroue. Nou word die leser blootgestel aan die detail daarvan. Die vernietigende invloed wat mense op mekaar kan hê, is die deurlopende agtergrond waarteen die verhaal afspeel. Beide Bea en Nel gaan mank aan menswaardigheid as gevolg van foute van die verlede; sommige waaraan hulle ‘n aandeel het en ander waaraan hulle uitgelewer was. Die karakters van Petrus en Lex eggosstaan in skerp kontras met Kurt en Buks, en laat ma en dogter, asook die leser uiteindelik weer glo aan goedheid en liefde.

Na jare van emosionele afkraking en verbale aanranding, is Bea Klinge na haar siekbed gereed om onder die dominering van haar man uit te beweeg en mens in eie reg te word. Maar eers is daar bekentenisse wat gemaak moet word. “Sy sal haar pad vind, stappie vir stappie, en al val sy haar knieë nerfaf sal sy opstaan en wegstap van haar ou lewe.” (Bl.263)

Die skrywer het gesorg vir ‘n opperste blitsblaaier sonder enige platval van die storielyn langs die pad. Die karakters is goed ontgin en die skrywer se hand was deurentyd op die wisselende tyd en plek, sodat die leser geensins verwar is nie. Ek is bly dat ek Woestynroos vlugtig herlees het, maar Eggo’s kan homself wel onafhanklik handhaaf. ‘n Puik aanbieding in die liefdesromangenre.

Tannie Maria oor liefde en resepte

11 Monday Mar 2019

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ 3 Comments

Daar is baie geskryf oor die debuutroman van Sally Andrew, Recipes for love and murder, meestal met groot lof. Dit is toe ook die ideale keuse vir ’n boek deur ’n plaaslike Engelse skrywer vir Lekkerleesboekrak se Leesuitdaging 2019.

Die boek is ’n seldsame en heerlike kombinasie van ’n sagte speurverhaal, ’n interessante hoofkarakter met ’n unieke uitkyk op die lewe (meestal in vergelyking met kosse), taalgebrRecipesuik wat mens onwillekeurig laat glimlag en ’n subtiele skeut romanse.

Tannie Maria het twee dinge reggekry. Eerstens het sy my kompulsief laat lees. Selfs nadat die moord opgelos is, was die spanningslyn nog sterk, want Tannie Maria se vennoot in haar speurwerk was nog soek, moontlik dood of ernstig beseer. En dan was daar nog die saak van die liefde al dan nie.

In die tweede plek het die gebak en gebrou van Tannie Maria myself tot bak gedryf, nie iets wat ek dikwels en aspris doen nie! Die skons was heerlik, en ek het myself gelukkig daarvan weerhou om met hulle te gesels. Sodanige gesprek laat ek maar oor aan Tannie Maria en haar beskuit. “And there’s no need to talk to myself. I’ve got you.” (Bl 350)

Subscribe

  • Entries (RSS)
  • Comments (RSS)

Archives

  • January 2021
  • December 2020
  • November 2020
  • October 2020
  • September 2020
  • August 2020
  • July 2020
  • June 2020
  • May 2020
  • April 2020
  • March 2020
  • February 2020
  • January 2020
  • December 2019
  • November 2019
  • October 2019
  • September 2019
  • August 2019
  • July 2019
  • June 2019
  • May 2019
  • April 2019
  • March 2019
  • February 2019
  • January 2019
  • December 2018
  • November 2018
  • October 2018
  • September 2018
  • August 2018
  • July 2018
  • June 2018
  • May 2018
  • April 2018
  • March 2018
  • February 2018
  • January 2018
  • November 2017
  • October 2017
  • September 2017
  • August 2017
  • July 2017
  • June 2017
  • May 2017
  • April 2017
  • March 2017
  • February 2017
  • January 2017
  • December 2016
  • November 2016
  • April 2016
  • November 2015
  • February 2015
  • January 2015
  • July 2014
  • May 2014
  • February 2014
  • January 2014
  • September 2013
  • August 2013
  • July 2013
  • June 2013
  • May 2013
  • April 2013

Categories

  • Gesinslewe
  • Mengelmoes
  • Skryfgoed

Meta

  • Register
  • Log in

Blog at WordPress.com.

Cancel
Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy