• About

penpunt

~ Waar die hart van vol is …

penpunt

Monthly Archives: September 2020

I love you to the moon and back

30 Wednesday Sep 2020

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

What a lovely little book, perfect to instill a love for books and even rhyme, in small children. It takes the reader through a day in the lives of a bear and her cub, and focusses on joy, love, friendship and companionship.

Text is by Amelia Hepworth, and beautifully illustrated by Tim Warnes. A sturdy hardcover will withstand eager little hands and the glossy finish will aid a wipe down in case of a spill.

Published by Little Tiger Press, London

Vreugde vir Larissa

30 Wednesday Sep 2020

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Elsa Winckler se McGregor-reeks sluit af op ’n hoë noot, met Larissa en Gideon se storie wat boei op verskeie vlakke. Daar is ’n stewige spanningselement teen die agtergrond van geweld en misdaad op die Kaapse Vlakte. ’n Vermeende moordenaar is daarop uit om Larissa te treiter en Gideon loop deur onder sy gewelddadigheid.

Larissa het stryd om weer haar geloof te vind, en Gideon het stryd om die Here te vertrou dat hy rég hoor oor sy trouvrou. Boonop is daar dinge in sy kleintyd wat manifesteer in nagmerries. Derek en Reina (uit die vorige twee boeke) staan steeds vas in hulle geloof en hulle verhouding, en hulle is die klankbord vir Larissa en Gideon se probleme.

Verder is daar natuurlik die liefdeselement, wat besonder interessant is met twee baie sterk persoonlikhede wat moet uitvind presies wat hulle gevoelens is.

Ek het ván die fyner besonderhede in die vorige boeke vergeet, maar hierdie derde een, Vreugde vir Larissa, kan selfs op sy eie met vrug gelees word, want daar is genoegsame verwysings om die leemtes in te vul. Beter nog, kry sommer ’n Brief vir Reina en ’n Belofte vir Bippie ook, vir ure se leesgenot. Die boeke word uitgegee deur Lux Verbi.

Beletha, die storie van Nellie en Sion

28 Monday Sep 2020

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Voordat ek die storie van Nellie en Sion onder oë gehad het, wis ek nie wat Beletha beteken nie. Nou verstaan ek dat dit ‘n Zoeloe woord is vir iets of iemand op jou rug dra. Nellie is Sion se oppasser, en sy leer hom speel-speel grepe uit die geskiedenis, tradisies en kultuur. Sy sing en neurie graag en deel die natuur en voëlgeluide met hom.

Die volkleur, baie kunstige illustrasies deur Christo Krüger gee geleentheid om die storie in detail aan kleiner kinders duidelik te maak. Die boek word geoormerk vir voorlees aan kinders van 3+, maar ouer kinders gaan dit lekker self kan lees. Die bonus inligting oor drie beroemde Suid-Afrikaners, is geskik om met groter lesers te deel.

Hierdie is ‘n belangrike werk, omdat dit, oor kultuurgrense heen, die baie aktuele onderwerp van die ideale verhouding tussen kinders en oppassers, aan kinders oordra.

Teks is deur Claudette Browne Storrar, en in Afrikaans vertaal deur Nandi Lessing-Venter. Uitgegee deur Lapa.

Koop die Engelse papierboek, Nelly and Sam, hier

Afrikaanse papierboek by onderstaande skakel:

Liefde vir ’n dromer

28 Monday Sep 2020

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Katryn het haar drome om mooi geboue te ontwerp en huise om te tower, begrawe ter wille van haar ambisie om haarself in ’n manswêreld te handhaaf. Sy is vasberade om haar oorlede stiefpa se konstruksiemaatskappy suksesvol te bestuur, maar sy testament kom keer haar lewe heeltemal op sy kop. Ook dié van haar pa se biologiese seun, ‘n skatryk bofbalspeler, Petri, wat deel is van die uitgebreide Parker gesin.

Ek wou nie haastig klaarkry met die Parker reeks nie, maar die meesleurende skryfstyl en vinnig-ontwikkelende storielyn, het my ingetrek. Waarvan ek besonder baie gehou het was die feit dat, anders as die meeste stories met glanspersoonlikhede, daar geen insidente met byvoorbeeld gesteelde foto’s en ander skandes was nie. Wat minder oortuig het, was die byna roekelose en uitdagende seksuele gedrag van Katryn. Dit was vir my strydig met die weerloosheid wat Petri in haar raakgesien het, en wat sy oorsprong het in die verraad van ‘n vorige verhouding. Maar ter verdediging, Petri is ’n baie waardige held, kompleet met fyn aanvoeling en boonop dodelik aantreklik.

Jack Parker was een van my gunstelingkarakters in die reeks. Ek het gehou daarvan dat hy instrumenteel was in die herstel van Katryn se drome. Die reeks sluit af op ’n pragtige noot, met Petri se dankbaarheid dat Katryn gekies het om haar drome om hom te bou.

My grootste dilemma bly nou om die Parkers te groet, of weer van voor af te lees!

Die eerste ses boeke in die Liefde vir-reeks oor die Parker gesin, is in twee e-boek bondels beskikbaar by Lapa. Sien ook die skakels vir aparte stories se e-boeke asook Liefling en Dromer wat as papierboeke beskikbaar is.

Liefde vir-reeks 1 Liefde vir-reeks 2 Liefde vir ‘n vuurvreter

Liefde vir ‘n vlinder Liefde vir ‘n ridder Liefde vir ‘n cowboy

Liefde vir ‘n feëprinses Liefde vir ‘n liefling

Liefde vir ‘n dromer e-boek

Liefde vir ‘n liefling papierboek

Liefde vir ’n dromer papierboek

Ontdek iets nuut

25 Friday Sep 2020

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Twee nuwe titels in die Ontdek-reeks, uitgegee deur die Nie-fiksie afdeling van Human & Rosseau, is nou beskikbaar. Planete, Die menslike liggaam en Diere was reeds aan die beurt, en is steeds beskikbaar by NB Uitgewers, aanlyn en in boekwinkels.

Ontdek Insekte is uiters funksioneel om ’n verskeidenheid van insekte in detail bekend te stel. Duidelike kleurfoto’s en kunstige sketse maak die boek visueel baie aantreklik. Insekte word benoem met hulle Afrikaanse name, plus die wetenskaplike naam. Ek was verstom om te lees dat meer as een miljoen insekspesies al opgeteken is. Die hoofinsekgroepe, onder andere vlieë, muggies en muskiete, bye en wespe, wantse (of besies), skoenlappers en motte om maar ’n paar te noem, word opgesom onder Insekklassifikasie (Bl. 66/67). ’n Indeks en woordelys help jou om jou weg te vind deur die magdom inligting, wat ’n wye spektrum inligting insluit, van nesbou tot die anatomie van die onderskeie insekte.

Ewe aantreklik, met dieselfde volkleur glansbladsye, is Ontdek die oseaan. Inleidend word genoem dat seewater twee derdes van die aarde se oppervlak bedek en 97 persent van die planeet se water uitmaak. Oseaanlewe word verdeel volgens die dieptesones, wat vir maklike verwysing skematies aangedui word.

Buiten die bespreking en foto’s van die diere- en plantelewe in die verskillende sones, word daar ook bladsye afgestaan aan duikers, duikbote en metodes waarmee die oseane verken word. Ons leer selfs van die olie en gasbronne onder die seebedding.

Die vyf oseane word opgesom onder hoofde van oppervlakte, diepte, kuslyn, klimaat, natuurlike bronne en omgewingskwessies. Die woordelys maak op sigself interessante leesstof uit.

Die ontdek reeks sal oud en jonk vir ure kan besig hou met nuwe feite, en die uitstekende foto’s en illustrasies maak die seelewe en insekte lewend vir die leser.

Onthou my

23 Wednesday Sep 2020

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Die karakters in Onthou my laat hulle nie neersit nie. Dit was reeds diepnag toe ek die emosionele slottoneel lees, en met elke wakkerwordslag deur die nag en vroeë oggendure, was my gedagtes weer daarmee besig. Die karakters worstel met moeilike kwessies: geloof, huweliksprobleme, sterftes, finansies, vergifnis, om maar ’n paar te noem. Dit wil neig na die somber kant, maar met die knap skryfstyl en raak woordkeuses, slaag Helena Hugo daarin om die boodskap verteerbaar aan haar lesers oor te dra.

Die dinamika van huwelike kry baie aandag. Die huwelike van byvoorbeeld Janine se grootouers en van die Kowalski’s, staan in skrille kontras met haar eie gebroke huwelik met Greg Walker. Sy kry oënskynlik klarigheid oor die toelaatbaarheid al dan nie, van egskeiding binne die wil van die Here, net om weer opnuut ontnugter te word deur Greg se optrede.

Ek sal aanbeveel dat Papierblomme eerste gelees word, maar by gebrek daaraan, gee die skrywer wel genoeg verwysings en terugflitse om Onthou my binne konteks te kan waardeer. Die tradisionele gelukkige einde ontwyk steeds, hoewel ek geensins my hare in frustrasie wou uitpluk nie. Inteendeel, ek bly glo dat Helena Hugo vir ons nog ’n aflewering in Janine se sage gaan gee, en dat daar vreugde iewers vorentoe op haar wag.

Rooi tekkies en ’n fantastiese avontuur

19 Saturday Sep 2020

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ 2 Comments

Die oulike voorbladskets van Cecilia Steyn se nuutste kinderstorie, het my dadelik lus gemaak om te lees oor die vinnige skoene, en nie net vinnig nie, sommer die vinnigste in die hele wêreld. Natalie, die venynige en kompeterende meisie in sy graad, is die rede waarom Wynand so graag nuwe rooi tekkies met wit veters wil hê. Wanneer hy sy ma vra vir nuwe tekkies, begin daar sonder dat hy weet, ’n groot en fantastiese avontuur. Rooi tekkies verskyn uit die niet in ’n boom, en sy ma keer die huis om op soek na iets wat sy verloor het.

Ek gaan niks verder verklap van die storielyn nie, maar weet dat dit propvol aksie en verrassings is. Wie ookal krediet moet kry vir die bladuitleg, het slim te werk gegaan om sekere teks uit te lig en begelei só die leser deur die hooftrekke van die storie. Die illustrasies is puik gedoen deur Johann Strauss.

Cecilia Steyn is ’n baie veelsydige skrywer. Sy is ewe tuis in die kinderboekgenre as met tienerboeke, en het selfs al ’n romanse gepubliseer. Onlangs het sy ook ’n kinderboek vertaal. Hierdie oulike nuwe kinderboek is geskik vir 6-9jariges, en word uitgegee deur Human & Rousseau.

Dit is beskikbaar op die webwerf van NB Uitgewers en by boekwinkels. Graffiti boeke bied dit tans teen ’n lekker afslag aan.

Liewe Heksie Leesboek 8

18 Friday Sep 2020

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ 5 Comments

Die agtste in die reeks Liewe Heksie leesboeke vir 6-9jariges, het onlangs verskyn by Human & Rosseau. Die oorspronklike Verna Vels teks sorg vir nostalgie in die oortreffende trap. Dit is maklik om te onthou waarom ons kinders so versot was op Liewe Heksie stories.

Die pragtige boek met mooi glansblaaie en leesbare lettertipe vir jong lesertjies, sal vir seker byval vind. Dit is lieflik geïllustreer deur Vian Oelofsen.

Drie stories is opgeneem in die leesboek. In die eerste een maak Heksie ’n skokkende ontdekking: “Ons is verloor! Weg, weg verloor! Die tuin en die strate ook!” (Bl. 1) Sy hou eers op met huil wanneer Blommie verduidelik dat dit sneeu is. In die tweede storie hou Heksie ’n verrassingspartytjie wat skeefloop, en Heksie se visvangery sorg vir die derde lekkerlees storie.

Al die gewone karaktertjies wat ons ken is natuurlik ook weer daar. Belê gerus in hierdie tydlose stories oor die nimlike, deurmekaar, liewe heksie en Matewis, haar kat, wat die hoofrolspelers is.

Ivoorblom vir Hai-Lin

18 Friday Sep 2020

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Hai-Lin is klein en fyn met Oosterse gelaatstrekke, maar haar blou oë verraai haar Westerse gene. Sy is inderdaad ’n Suid-Afrikaner wat haar in hierdie verhaal bevind in Sjanghai. Haar gashere is Su Fen en haar seun, Laum, wat op hulle beurt weer ’n kombinasie is van Franse- en Oosterse afkoms.

Ek is ’n groot voorstander daarvan dat daar iets te leer moet wees in enige boek waaraan ’n mens tyd afstaan, ondanks die genre. Die deeglike navorsing rakende die land en die Oosterse kultuur, spreek baie duidelik uit die storie, maar myns insiens het dit, veral aan die begin, die storielyn té veel gedikteer. In romantiese fiksie behoort die liefde, emosies en die karakters altyd die meeste aandag te kry. Ek was geensiens verras om te lees dat die skrywer, Mari Grobler, ook ’n digter is nie, te oordeel aan die taalgebruik.

Wat egter baie tipies is van menige suksesvolle romanse, is die heldin se begeerte om die “ek het jou lief” verklaring te hoor, alvorens sy haar hart finaal oopstel, al is die held ook dodelik aantreklik en bedagsaam. Hierin slaag Ivoorblom vir Hai-lin uitstekend.

As E-boek beskikbaar

Koop die papierboek by onderstaande skakel:

Toe soen jy my

16 Wednesday Sep 2020

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Nie Gabriella of Eben sou erken dat hulle lankal in paartjieknoper Jody se visier was nie, maar ’n soen of twee later is beide se wêrelde deurmekaar. Sy glo vas dat dit die gevolg is van “dopamien en sero-wat-ook-al-chemiese reaksies” (bl. 20), terwyl Eben nie verby sy hormone kan vorder om by sy hart uit te kom nie.

Verder word die bordjies verhang wanneer Jody se peetkinders, wat sy almal aan ’n lewensmaat gehelp het, háár voor stok kry omdat sy wegvlug vir die liefde in haar eie lewe. Die sage van Jody en haar peetkinders het oor die loop van bykans drie jaar gesorg vir heerlike romantiese stories, en eindig op ’n hoë noot, wanneer Eben homself uiteindelik bewys as ’n held wat voorsien in die fynste detail om sy geliefde Gabriella gelukkig te maak.

Hierdie reeksfinale is ’n besonder vurige verhaal, en beslis nie aan te beveel vir jong lesers nie. Wel een wat Elsa Winckler aanhangers nie sal wil misloop nie.

Dit is as E-Boek beskikbaar

Koop die papierboek by onderstaande skakel:

← Older posts

Subscribe

  • Entries (RSS)
  • Comments (RSS)

Archives

  • March 2021
  • February 2021
  • January 2021
  • December 2020
  • November 2020
  • October 2020
  • September 2020
  • August 2020
  • July 2020
  • June 2020
  • May 2020
  • April 2020
  • March 2020
  • February 2020
  • January 2020
  • December 2019
  • November 2019
  • October 2019
  • September 2019
  • August 2019
  • July 2019
  • June 2019
  • May 2019
  • April 2019
  • March 2019
  • February 2019
  • January 2019
  • December 2018
  • November 2018
  • October 2018
  • September 2018
  • August 2018
  • July 2018
  • June 2018
  • May 2018
  • April 2018
  • March 2018
  • February 2018
  • January 2018
  • November 2017
  • October 2017
  • September 2017
  • August 2017
  • July 2017
  • June 2017
  • May 2017
  • April 2017
  • March 2017
  • February 2017
  • January 2017
  • December 2016
  • November 2016
  • April 2016
  • November 2015
  • February 2015
  • January 2015
  • July 2014
  • May 2014
  • February 2014
  • January 2014
  • September 2013
  • August 2013
  • July 2013
  • June 2013
  • May 2013
  • April 2013

Categories

  • Gesinslewe
  • Mengelmoes
  • Skryfgoed

Meta

  • Register
  • Log in

Blog at WordPress.com.

Cancel

 
Loading Comments...
Comment
    ×
    Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
    To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy