• About

penpunt

~ Waar die hart van vol is …

penpunt

Monthly Archives: September 2019

Die Bybel vir beginnerlesertjies

20 Friday Sep 2019

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

My eerste Bybel is die titel van ’n nuwe boek op die rakke, geskryf deur Wendy Maartens en lieflike geïllustreer deur Honor Ayres. Daar is vyftien Ou Testamentiese stories, onder andere gunstelinge soos Dawid en die reus Goliat, en Daniël en die leeus. Agt en twintig verhalBybele neem die leser deur die Nuwe Testament, van Jesus se geboorte, tot by die hemelvaart en die koms van die Heilige Gees.

Elke storie, wat ideaal is vir voorlees, is nét lank genoeg om die aandag van ’n redelike jong kleuter enduit te hou. Die teksvers kan uit die Bybel voorgelees word, en die storie sluit telkens af met’n relevante gebed.

Daar is heelwat terme wat gesprek kan uitlok, soos Samaritaan, regter, boelies. Daar is ook lesse soos gehoorsaamheid, geloof en dapperheid wat aangeraak kan word aan die hand van die stories.

Met ‘n duursame hardeband en stewige semi-glans bladsye, behoort dit redelik kinderbestand te wees. Ek skat die ouers gaan die illustrasies net soveel geniet as die kinders.

Hulp met die gewraakte potjie!

18 Wednesday Sep 2019

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Soms gaan dit glo maklik, maar menige mamma het elke stukkie hulp nodig om daardie moeilike doek-na-potjie-fase te oorleef. Geen wonder dus dat daar talle kinderboeke daaroor die lig sien nie. Die nuutste wat ek onder oë gekry het, is Human & Rousseau se “Mag ek in jou doek loer?”. Dit is egter nie ‘n nuwe storie nie. Tewens, hierdie uitgawe is die 10doekde verjaarsdaguitgawe van die Belg, Guido van Genechten se gewilde boek. Dit is in Afrikaans vertaal deur Philip de Vos.

Soos ons gewoond is met H&R produkte, is die gehalte van die hardebandboek goed, dit is kleurvol en prettig geïllustreer, met flappies wat oplig vir die loerslag. Dit behoort byval te vind by kinders van twee tot vier jaar.

Nog indrukke oor ’n Goeie jaar vir rose

18 Wednesday Sep 2019

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Geniet is nie die korrekte woord om ’n Goeie jaar vir rose te beskryf nie, eerder “beleef”. Soos ek alreeds geblog het, het die boek my vanaf die eerste bladsy geboei. Staal jouself om diepgaande emosies te beleef saam met elkeen van die veelvlakkige karakters. Daar is heelwat teenstellings, soos Lea en Karel se lang getroudrosee lewe teenoor Neil en Lara se huwelik wat nie die mas kon opkom nie. Daar is kinders wat jonk dood is en daar is oudword. Relevante onderwerpe soos gewelddadige verhoudings, drankmisbruik, depressie, die invloed van gebroke huwelike op kinders, alles word verweef in ’n storie wat my nog lank gaan bybly. Ek het een beswaar, wat ek egter voor my eie deur moet lê: ek het soms bietjie klei getrap om tred te hou met hoe die onderskeie families in mekaar steek. Uit nuuskierigheid het ek begin lees op ’n tyd waar ek nie genoemsame kapasiteit gehad het om te konsentreer nie. Ek voel hierdie is ’n boek wat ek gaan bêre om weer te lees, en dit kry volpunte van my af.

’n Goeie jaar vir rose

13 Friday Sep 2019

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Santie van der Merwe se sewende roman het sopas die lig gesien. Dit het nie meer as ’n bladsy geverg om te onthou waarom ek versot is op Santie se skryfwerk nie. Sommer vanuit die srosetaanspoor kom gryp dit jou aan die hart, want dit is régte mense met rou emosies wat hier uitgebeeld word.

Ek het nog maar skaars veertig bladsye gelees, want die wêreld wil opsluit nie gaan stilstaan omdat ek nou niks anders sou wou doen as om met die boek iewers te gaan wegkruip nie. Tog is ek reeds verstom oor die knap wyse waarop die skrywer die karakters een vir een aan die leser voorstel, elkeen kompleet met sy eie stem en eie bagasie; hoe grepe van elkeen se voorgeskiedenis laag vir laag afgeskilfer word.

Die sombere gebeure waarmee die verhaal afskop, word gelouter deur die skrywer se puik aanbiedingstyl. Elke hoofstuk het ’n kernwoord of kort sin as opskrif, asook die naam van die karakter wat fokaliseer. Dit verskaf struktuur en verhoog die leesbaarheid.

Ek besef dit is voortydig, maar ek sal baie verbaas wees as ek uiteindelik nie ’n baie goeie punt kan toeken aan ’n Goeie jaar vir rose nie.

Ontmoet Minni se hartsmense

02 Monday Sep 2019

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Minni se verhaal begin op ’n nostalgiese noot met die sluit van haar gevestigde onderneming in die middestad van Pretoria. Dit is heel aktueel, gegewe die huidige tendhartsbesitens in Suid-Afrika. Dit is egter nie slegs die verlies van haar tekstielwinkel wat aan Minni se lyf vat nie. Haar verloofde is oorlede in ’n vliegongeluk, en haar eertydse vennoot en beste vriendin, Roda, is getroud en woon nou in Australië. Met geen onmiddellike vooruitsigte vir ‘n nuwe werk nie, besluit sy om plaas toe te gaan, na Roda se ouers toe. As weeskind, het hulle haar as ’n tweede dogter aanvaar.

Dit is dáár waar nie een held nie, maar twee, haar pad kruis. Minni is ’n interessante karakter, vurig en vasbeslote wanneer sy iets aanpak, en opgewasse teen ’n oënskynlike stroewe Duitser en sy suster met ’n skerp tong en onversetlike idees.

Hartsbesit is Anna van Tonder se eerste SuperRomanza. Hoewel die taalgebruik ietwat formeel is, ontwikkel die verhaal goed en oortuig die karakters.

Subscribe

  • Entries (RSS)
  • Comments (RSS)

Archives

  • January 2021
  • December 2020
  • November 2020
  • October 2020
  • September 2020
  • August 2020
  • July 2020
  • June 2020
  • May 2020
  • April 2020
  • March 2020
  • February 2020
  • January 2020
  • December 2019
  • November 2019
  • October 2019
  • September 2019
  • August 2019
  • July 2019
  • June 2019
  • May 2019
  • April 2019
  • March 2019
  • February 2019
  • January 2019
  • December 2018
  • November 2018
  • October 2018
  • September 2018
  • August 2018
  • July 2018
  • June 2018
  • May 2018
  • April 2018
  • March 2018
  • February 2018
  • January 2018
  • November 2017
  • October 2017
  • September 2017
  • August 2017
  • July 2017
  • June 2017
  • May 2017
  • April 2017
  • March 2017
  • February 2017
  • January 2017
  • December 2016
  • November 2016
  • April 2016
  • November 2015
  • February 2015
  • January 2015
  • July 2014
  • May 2014
  • February 2014
  • January 2014
  • September 2013
  • August 2013
  • July 2013
  • June 2013
  • May 2013
  • April 2013

Categories

  • Gesinslewe
  • Mengelmoes
  • Skryfgoed

Meta

  • Register
  • Log in

Create a free website or blog at WordPress.com.

Cancel
Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy