• About

penpunt

~ Waar die hart van vol is …

penpunt

Monthly Archives: August 2018

A & I Poësie Uitdaging

27 Monday Aug 2018

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ 3 Comments

Die uitdaging vir Augustus het te doen met harte. ’n Gedig in die vorm van ’n hart geskryf, of iets oor liefde, die hart van ’n probleem – wat ookal jou “hart” begeer, mipicsart_02-18-06-07-44n of meer.

Die Cinquain is ’n digvorm van Amerikaanse oorsprong, vyf reëls met lettergrepe 2/4/6/8/2. Dit klink vir my na ’n gawe uitdaging.

My hart

My hart

spring van vreugde

wanneer ek jou stem hoor

jubel wanneer jy my vashou

my hart

Skape en dinge

24 Friday Aug 2018

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ 1 Comment

Dinge wat ek nie van skape geweet het nie, was my eerste kennismaking met die skitterende skryfstyl van Jaco Jacobs. Die fyn humor het opgeval reg vanaf die eerste paragraaf, en dit het kort-kort opgeduik en bygedra daartoe dat ek die boek verskriklik geniet het. Die verloop van die verhaal was totaal anders as wat ek my voorgestel het, en het deurentyd iets gebied om aan te herkou. Luan se roadtrip saam met sy onkonvensionele ouma met haar geel Land Rover, was ‘n reis wat vir hulle albei van groot betekenis was, van klaarmaak met dinge, en met nuwes begin.Skape

Ek was erg mosterd na die maal met die lees van hierdie tienerboek, maar dit is verseker nie die laaste van Jaco se boeke wat ek beplan om te lees nie. Sy sukses op byvoorbeeld die Nielsen verkopelys, en sy talle toekennings, maak nou vir my perfekte sin.

Koop papierboek hier

Lam ter slagting

24 Friday Aug 2018

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

My eerste gewaarwording was dat ek moeilik gaan lees aan die kleiner lettertipe, maar gelukkig het die spannende storielyn my spoedig daarvan laat vergeet en het ek beswaarlik agtergekom dat ek blad na blad verslind.

Dokter Renata Malan en haar span se hulp word eers ingeroep wanneer die sesde erg verminkte lyk in die Botaniese Tuin gevind word. Alle aanduidings is daar dat ’n reeksmoordenaar aan die werk is, maar Renate kan die gevoel dat dit wyer strek as een sadistiese moordenaar, nie afskud nie. Sy het ook nie sukses met die profilering van die moordenaar nie. Spoedig kom daar uiteenlopende kwessies ter sprake soos Vrymesselary, ’n kultus, korrupsie in die polisie en staat. Uiteenlopend, of makaber aan mekaar verwant?

LamElke lid van die span verkeer op ’n stadium in lewensgevaar en die leser gaan end-uit naels kou. Indien lesers die eerste drie boeke in die reeks, naamlik Monstersaad, Bloedlyn en Moordhuis, misgeloop het, wil ek voorstel dat dit aangeskaf word. Dit gee die nodige agtergrond waarteen Lam ter slagting des te beter verstaan kan word.

Die oop einde maak voorsiening daarvoor dat ons weer van Renata, haar pa en haar span gaan hoor, maar ek het gehoor dat ons ’n tydjie sal moet wag. Ek sien bepaald uit daarna, maar ook na wat Madelein Rust volgende vir ons gaan optower. Sy het haarself verseker gevestig onder ons voorste spanningskrywers.

Reis deur die hart

14 Tuesday Aug 2018

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Debuutskrywer, Leandra Naude, het die romansewêreld letterlik ingestoom met haar SuperRomanza, Reis deur die hart. Die storielyn asook die karakters is besonder sterk en veelvlakkig en daar skort niks aan taal- en skryfvaardigheid nie. Daar word plek-plek kru taal gebruik, maar nooit buite karakter of konteks nie.b63daeabf1f35bb11e370ed3e8654c53

Die skrywer se eie beroepservaring as maatskaplike werker verleen geloofwaardigheid aan die heldin se ervarings en haar besluit om uit die beroep te tree as gevolg van uitbranding. Sy verwyder haarself deeglik uit haar milieu deur as kelnerin te gaan werk op Mauritius. Dit is dan ook hier waar sy die vurige Ier en eienaar van die hotel ontmoet, met aardskuddende gevolge en witwarm liefdestonele. Lesers wat nie gemaklik is met eksplisiete tonele nie, sal telkens moet vluglees wanneer held en heldin van die seksuele spanning tussen hulle ontslae raak.

Van spanning gepraat, daar is ‘n sterk spanningslyn met baie elemente wat daartoe bydra: klaarblyklike wanbestuur van die hotel, bedrog, mensehandel, en die kulminasie van ’n vete tussen Finn en ’n baie gevaarlike booswig uit sy verlede. Die skrywer het die vryhede van ’n SuperRomanza deeglik benut om onder andere spanning, romanse, liefde, gesinsdinamika en selfondersoek suksesvol te verweef in ’n verhaal wat die leser enduit boei.

Hoe gemaak met Tunisiese hekelwerk?

10 Friday Aug 2018

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ 9 Comments

Ek is ’n hekelentoesias, net soveel so as ’n boekverslaafde. Verskyn daar dus ’n nuwe boek met ’n hekeltegniek waarvan ek niks weet nie, gaan ek verseker belangstel. Beatrix Snyman is ’n bekende in hekelkringe. Hierdie is die tweede boek wat sy gepubliseer het.

Die boek skop af met ’n omskrywing van Tunisiese hekelwerk en ’n interessante oorsig van die tegniek se geskiedenis. Bepaald nie ’n nuwe tegniek nie, maar een wat nou wêreldwyd weer begin gewild raak.

Die verskillende steke word omvattend verduidelik aan die hand van duidelike foto’s, beskrywings en diagramme. Begin gerus by die begin, en leer eers omtrent die anatomie van die steke, sodat jy begryp wanneer daar verwys word na horisontale en vertikale balkies, spasies en agterste balkies. Tabelle met die verskillende simbole wat op diagramme aangedui word, is nog ’n welkome naslaanbrIMG_1799on in die boek.

Ek hou van die voorstel dat die verskillende steke geoefen kan word met die oog om die blokkies dan in ‘n kombers saam te voeg. Daar is aanwysings vir twee en veertig blokkies met verskillende steke.

Ek is trots op my eerste paar rye van die basiese Tunisiese steek, maar sal nog baie moet oefen om die ongewone lang hekelpen, wat herinner aan ‘n breipen, met gemak te hanteer. Daar wag nog gevorderde steke, Catherine-wiele, gaatjiessteke, selfs kabels.

Die boek word uitgegee deur Lapa Uitgewers

Inspirasie verhale

08 Wednesday Aug 2018

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Ek is opgewonde oor die nuwe toevoeging tot die aanbieding van Lapa Uitgewers. Die nuwe Romanza deur Cynthia Roberton is die eerste wat die stempel dra van Inspirasie verhaal. Dit gee aan skrywers die vryheid om hulle karakters se geestelike ervarings en oortuigings te vervleg met die storielyn. Dit skakel die nodigheid uit vir gevestigde en nuwe Lapaskrywers, om ander publikasieheenkome te gaan soek.

In Lang pad na liefde, maak ons kennis met Pascale, op pad na haar ouma in Troosbosbaai om haar wonde te gaan lek. Haar man het haar va4f06bdbe62c39ef98325efd48c150b5erruil vir ’n minnares, sy is kinderloos, haar ma is koud en afsydig, en sy voel boonop skuldig omdat sy haar ouma verwaarloos het. En moenie vergeet van haar boelterriër met die slegte reputasie nie!

Die dorpie en sy inwoners, en in besonder ‘n groot Ier met ‘n motorfiets, verander haar lewe vir altyd. Daar is ’n paar lewenslesse te leer uit Pascale se tyd saam met Ouma Saar. Haar vinnige vooroordeel teenoor mense en plekke, maak geleidelik plek vir ‘n nuwe lewensuitkyk. Myns insiens ’n baie geslaagde liefdesverhaal met ’n pragtige inspirerende boodskap.

Ek sien bepaald uit na meer aanbiedinge in hierdie trant.

 

Keira, ’n Storie van oorbegin

07 Tuesday Aug 2018

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ 1 Comment

Die treffende voorblad van Corné Welman se debuutverhaal het my aandag getrek, soveel so dat ek dit graag wou lees, al was ek nie bewus daarvan dat die skrywer ’n blog bedryf met duisende volgelinge nie. Dus was ek totaal onvoorbereid op die eiesoortige humor wat Corné se skryfstyl kenmerk, beide in haar boek en op Blog van my siel. Ook verras oor hoe die boek die leser uitdaag om self beheer te neem van sy gedagtes, self te besluit hoé hy sy pad gaan loop.keira

Keira kom op Walker Village aan en staan vinnig bekend as die heksevrou met sogenaamde potions wat sy voorskryf aan diegene wat dit na haar houthuisie waag. Al is die karakters fiktief, mag jy dalk iets van jouself of iemand wat jy ken raaklees in ván die mense wat met Keira se hulp, ’n nuwe begin maak.

Berei jouself gerus voor op ’n emosionele reis. Ek het hardop gelag vir die two-tone hemp en die kraan wat spoeg nadat die water afgesny was. Net om bladsye later te huil oor twee mans wat praat en praat. Die boek is deurspek van treffende beeldspraak, soos die boksies waarin ons bly en die gaatjies waardeur ons kyk.

Keira is ’n boek wat ek beslis op my rak sal hou, om by geleentheid weer te delf in die doodgewone lewenswaarhede wat met insig, en op oorspronklike wyse gedeel word. Soos: “Soms het ons die geneigdheid om die dinge wat die lewe vir ons gooi, nie net te vang nie, maar te koester. Ons maak dit groot, en ons maak dit meer. Sonder dat dit werklik nodig was.” (Bl 159)

Lelies vir Louisa

04 Saturday Aug 2018

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Met hierdie nuwe SuperRomanza, die skrywer se tweede, het Rosita Oberholster na my mening, haar posisie onder ons voorste romanseskrywers, verder verstewig. Dit volg op die suksesvolle Rose vir Roselle, en die leser kan uit die staanspoor identifiseer met die newekarakters wat oorspoel uit die vorige boek. Die hoofkarakter, Louisa, het self ’n beduidende rol gespeel in Rose vir Roselle, maar hiea5aa16bffcacc5fd5e98d1ea39c15177rdie verhaal fokus spesifiek op haar ontdekking en verwerking, al dan nie, van haar herkoms.

Die skrywer gebruik die vryheid van die SuperRomanza om so veel as drie families by haar storielyn in te sluit, wat nie binne die beperkinge van die Romanza moontlik sou wees nie. Soveel so, dat ek dit byna eerder as ’n verhoudingroman of familiedrama sou wou klassifiseer. Daar is bepaald ’n held en ’n ontluikende liefde, maar dit is nie die oorheersende tema van die storie nie. Eerder net nog ’n faset van Louisa se stryd met haar verlede.

Daar word heelwat van die taboos van die samelewing aangeraak, baie ontnugtering, verwerping, swaarkry, wreedheid; allermins ’n  lighartige verhaal, maar op geen stadium laat dit die leser totaal sonder hoop nie. Ek kwoteer uit die epiloog: “Die donker van die verlede is met lig vervang, en daardie lig se naam is liefde.”

 

 

Subscribe

  • Entries (RSS)
  • Comments (RSS)

Archives

  • January 2021
  • December 2020
  • November 2020
  • October 2020
  • September 2020
  • August 2020
  • July 2020
  • June 2020
  • May 2020
  • April 2020
  • March 2020
  • February 2020
  • January 2020
  • December 2019
  • November 2019
  • October 2019
  • September 2019
  • August 2019
  • July 2019
  • June 2019
  • May 2019
  • April 2019
  • March 2019
  • February 2019
  • January 2019
  • December 2018
  • November 2018
  • October 2018
  • September 2018
  • August 2018
  • July 2018
  • June 2018
  • May 2018
  • April 2018
  • March 2018
  • February 2018
  • January 2018
  • November 2017
  • October 2017
  • September 2017
  • August 2017
  • July 2017
  • June 2017
  • May 2017
  • April 2017
  • March 2017
  • February 2017
  • January 2017
  • December 2016
  • November 2016
  • April 2016
  • November 2015
  • February 2015
  • January 2015
  • July 2014
  • May 2014
  • February 2014
  • January 2014
  • September 2013
  • August 2013
  • July 2013
  • June 2013
  • May 2013
  • April 2013

Categories

  • Gesinslewe
  • Mengelmoes
  • Skryfgoed

Meta

  • Register
  • Log in

Blog at WordPress.com.

Cancel
Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy