• About

penpunt

~ Waar die hart van vol is …

penpunt

Monthly Archives: September 2017

Die einde van die storie

26 Tuesday Sep 2017

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ 1 Comment

Met die splinternuwe verhoudingsroman, Die einde van die storie, bewys Santie van der Merwe waarom haar boeke gereeld op die topverkoperlyste kuier. Soos in haar vorige vier boeke, skryf sy emosies, verhoudings, versugtinge, misverstande, vrese en vele ander diep menslike belewenisse, oop tot op die been. Dit is baie maklik om te identifiseer met die karakters in hierdie verhaal, omdat hulle deur die bank lewensgetrou is.

Die skrywer het my deurentyd aan die wonder gehad oor die moontlike uitkoms. Saam met Lizzie, het ek wipplank gery en gewonder oor die liefde in ’n huwelik: behoort dit opwindend en vars te bly, of is dit natuurlik dat dit afplat? Volpunte aan Marthinus meIMG_E0957[1]t sy gevolgtrekking in hierdie verband: “Die ding is, ’n mens word lui. ’n Mens raak so tevrede dat jy nie bedag is op veranderende nuanses in jou huwelik nie.” (Bl 291)

Ek het baie gehou van die opskrif by elke hoofstuk; beskrywend genoeg om jou gretig te laat voortlees, sonder om te veel weg te gee.

Santie van der Merwe het haar nis sommer uit die staanspoor gevind in die Afrikaanse mark, en ek wil haar gelukwens met vyf uitstekende boeke in twee jaar. Dit kos gedoen te word

 

 

Gallery

Die toetsbord is nou ons eie speelveld! – Amanda Claassens

20 Wednesday Sep 2017

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

This gallery contains 3 photos.

Presies ‘n week gelede was ek in alleryl op pad Potchefstroom toe om die ATKV Lenteskool vir 2017 by te…

Pasop vir die paaiboelie!

18 Monday Sep 2017

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

9780799385397In die outersnota maak Chanette Paul die volgende stelling: “Die Duiwelsdriehoek bestaan nie. Paaiboelie is niks meer as blote fiksie nie en wil niks meer as ’n lekker storie wees nie.” Dit kom byna as ’n skok, want vir meer as vyfhonderd bladsye word die leser diep ingetrek in die vreemde leefwyse van die inwoners van Crystal Crags, word die Paaiboelie ’n skrikwekkende werklikheid. Jy moes kophou tussen die karakters wie se verhale so vervleg is dat dit byna ondenkbaar is dat dit die produk kan wees van ’n skrywer se verbeelding. Die karakterlys was ’n handige hulpmiddel, veral wanneer die karakters aanvanklik voorgestel word. Die kompleksiteit van die plot is weereens ’n bevestiging dat hierdie skrywer ’n meesterstorieverteller is. Wat spesifieke karakters aanbetref, wil ek noem dat Steyn Tredoux ’n baie welkome teenpool was vir die boosheid wat oral kop uitgesteek het, Zaan het my deeglik aan die wonder gehou, en Jojo was so eg-menslik dat mens van haar moes hou. As ek een stukkie raad mag deel, pak Paaiboelie aan wanneer jy redelik onverstoord kan lees, anders gaan jy frustrasie op die lyf loop omdat die storie deeglike aandag verg.

Subscribe

  • Entries (RSS)
  • Comments (RSS)

Archives

  • January 2021
  • December 2020
  • November 2020
  • October 2020
  • September 2020
  • August 2020
  • July 2020
  • June 2020
  • May 2020
  • April 2020
  • March 2020
  • February 2020
  • January 2020
  • December 2019
  • November 2019
  • October 2019
  • September 2019
  • August 2019
  • July 2019
  • June 2019
  • May 2019
  • April 2019
  • March 2019
  • February 2019
  • January 2019
  • December 2018
  • November 2018
  • October 2018
  • September 2018
  • August 2018
  • July 2018
  • June 2018
  • May 2018
  • April 2018
  • March 2018
  • February 2018
  • January 2018
  • November 2017
  • October 2017
  • September 2017
  • August 2017
  • July 2017
  • June 2017
  • May 2017
  • April 2017
  • March 2017
  • February 2017
  • January 2017
  • December 2016
  • November 2016
  • April 2016
  • November 2015
  • February 2015
  • January 2015
  • July 2014
  • May 2014
  • February 2014
  • January 2014
  • September 2013
  • August 2013
  • July 2013
  • June 2013
  • May 2013
  • April 2013

Categories

  • Gesinslewe
  • Mengelmoes
  • Skryfgoed

Meta

  • Register
  • Log in

Blog at WordPress.com.

Cancel
Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy