Lapa Uitgewers het my verras met ’n grootdruk blokraaiselboek wat na my mening, ’n briljante gedagte is. Daar is vele ywerige blokraaimense wat bes gee omdat die leidrade dikwels net te stremmend op die oë is. Dit strek wyer as bejaardes; baie jonger mense het presies daardie probleem.

Moet egter geensins verwag dat daar, wat moeilikheidsgraad aanbetref, toegewings gemaak is nie. Dit lewer die gewone en verwagte dink, en weer dink, op wat die entoesias sal uitdaag. Vir diegene wat egter nie wil wroeg tot laat oor daardie ontwykende antwoord nie, is daar oplossings agter in die boek.

Sommer ook ’n gawe geskenkidee betyds vir Vadersdag.img_4692-1