Die liefdes in my lewe is my Verlosser, Jesus Christus, my eggenoot van baie jare, my twee pragtige dogters, ‘n wonderlike skoonseun, twee pragtige kleindogters en ons een kroonprinsie.
Ek het jare gelede ‘n onvoltooide B.Compt graad en ‘n suksesvolle loopbaan as finansiële bestuurder, verruil vir die voorreg om ‘n tuiste te skep vir my jong kinders. Die Here het my geseën met ‘n nuwe beroep wat ek vanuit my huis kon beoefen, dié van versekeringsmakelaar. ‘n Paar jare gelede het ek ook die skrywersperd opgesaal, twee kursusse in kreatiewe skryfkuns gedoen, en my hand gewaag aan ‘n paar kortverhale. Tans lees ek “professioneel” en skryf lesersindrukke op sosiale media.
Ek is aktief betrokke in ons gemeente, en behartig onder andere die begeleiding en voorsang.
Ek het begin blog omdat ons daartoe uitgedaag was deur skrywer en aktrise, Susan Coetzer, tydens ‘n geestelike fiksie werkswinkel.
Dit is fantasties om so n uitdaging te kry en dan dit te doen en vol te hou. Aangename kennis
Die versoeking was groot om tussen oggendkoffie deur gou op jou blog rond te blaai! Is ek reg dat jy van Nederland via SA en nou in NZ is?