• About

penpunt

~ Waar die hart van vol is …

penpunt

Monthly Archives: February 2019

Malene Breytenbach vir Valentynsdag

14 Thursday Feb 2019

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

geheimeEne Nathaniel Tower blog sowat tien maande gelede oor vyf temas wat glo sal verseker dat jou skryfwerk afgekeur word. Hy het dit weliswaar primêr oor kortverhale, maar dit was tog vir my interessant. Die eerste punt wat hy noem, is skrywers wat skryf oor skrywers. Wat bring my nou hierby uit? Malene Breytenbach, en in besonder haar eerste SuperRomanza, Huis van geheime.

Sy het daarmee vir Mnr Tower verkeerd bewys, want sy gaan uiters vernuftig om met die temas van ‘n skryfhuis, skrywers en die uitgewersbedryf. Haar verhaal speel af in Stellenbosch, en die US Woordfees word bygewerk, wat lekker oorspronklik is en wonderlik inpas by die tema van die huis wat ingerig is spesifiek om skrywers te akkommodeer. Daar is oorgenoeg drama tussen die gaste en die liefde bly nie uit nie. Wat dit absoluut ideale leesstof gemaak het vir hierdie dag van liefde.

‘n Heerlike boek, uitstekend geskryf, en een wat elke romanseleser gerus op sy of haar rak kan hê.

In die sterre geskryf

04 Monday Feb 2019

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Soos die geval was met haar eerste SuperRomanza, Liefde op Petit Paris, maak die skrywer weer ’n draai in die ou Kaap, hoewel die nuwe boek uit die pen van Frenette van Wyk, grotendeels afspeel op seerowerskepe op die oop see.

Chantilly Dubois neem die naam aan van Papillon, en gaan weereens aan boord van ’n seerowerskip, in haar wraaktog om El Capitán op te spoor en te laat betaal vir die dood van haar geliefde. Haar eerste indruk van die Spaanse skeepskaptein, was dié van outoriteit en krag, maar dit is haat wat haar aanvuur om ’n gerieflike lewe in die Kaap te verruil vir die gevaarlike lewe van ’n seerower.

Die skrywer slaag daarin om die lewe op ‘n roofskip in deindiesterretail te skilder, die ruwe karakters, die onderkruipery en komplotte wat onderling gesmee word, die risiko’s om sonder vars water en kos op die see betrap te word. Daar loop ’n sterk spanningslyn deur die verhaal, terwyl die wisselspel tussen liefde en haat sorg vir interessante oomblikke.

Ek moes onwillekeurig wonder of die skrywer self baie seerowersverhale gelees het, of bloot op navorsing staatgemaak het om met soveel oortuiging oor die onderwerp te skryf. As jy hou van verhale van toendertyd, kry gerus hierdie ene.

Leesuitdaging 2019

04 Monday Feb 2019

Posted by amandacl in Mengelmoes

≈ Leave a comment

Die Lekkerleesboekrak op Facebook het weereens ’n vrywillige leesuitdaging gestel vir 2019. Dit is ’n ideale platform om lesers uit te daag om bietjie wyer as hulle normale voorkeure te lees.

’n Interessante item op die lys was ’n boek gepubliseer in jou geboortejaar. Die internet is ’n handige en vinnige naslaanbron, en baie gou het ek vir Agatha Christie in my jaar opgespoor, en wel Dead Man’s Folly. Ek het sowrintiewaar ook die boek in my rak gehad (deel van ’n versameling Christies wat ek vir my suster berg). deadmansfolly

Ek het lanklaas een van haar boeke gelees, en het my verkneukel aan die elegante Engels en die skryfstyl oor die algemeen. Die plot het my aan die wonder gehou tot aan die einde. Geen wonder dat sy na bewering, naas William Shakespeare, die wereldwye topverkoper van fiksie is nie.

Vir ’n klassieke werk, het ek Karin Behrens se voorbeeld gevolg en Somer van C.M. van den Heesomerver aangepak. Ek het nogal moeilik gelees daaraan, want Afrikaans het wat skryftrant en selfs storielyn aanbetref, baie verander sedert hierdie verhaal in 1935 gepen is. Nogtans verdien hierdie klassieke werk om steeds gelees te word.

Diegene wat graag lees, kan gerus onder “Files” gaan kyk op Lekkerleesboekrak vir die Leesuitdaging 2019. Dit is heerlike inspirasie.

 

 

Subscribe

  • Entries (RSS)
  • Comments (RSS)

Archives

  • January 2021
  • December 2020
  • November 2020
  • October 2020
  • September 2020
  • August 2020
  • July 2020
  • June 2020
  • May 2020
  • April 2020
  • March 2020
  • February 2020
  • January 2020
  • December 2019
  • November 2019
  • October 2019
  • September 2019
  • August 2019
  • July 2019
  • June 2019
  • May 2019
  • April 2019
  • March 2019
  • February 2019
  • January 2019
  • December 2018
  • November 2018
  • October 2018
  • September 2018
  • August 2018
  • July 2018
  • June 2018
  • May 2018
  • April 2018
  • March 2018
  • February 2018
  • January 2018
  • November 2017
  • October 2017
  • September 2017
  • August 2017
  • July 2017
  • June 2017
  • May 2017
  • April 2017
  • March 2017
  • February 2017
  • January 2017
  • December 2016
  • November 2016
  • April 2016
  • November 2015
  • February 2015
  • January 2015
  • July 2014
  • May 2014
  • February 2014
  • January 2014
  • September 2013
  • August 2013
  • July 2013
  • June 2013
  • May 2013
  • April 2013

Categories

  • Gesinslewe
  • Mengelmoes
  • Skryfgoed

Meta

  • Register
  • Log in

Create a free website or blog at WordPress.com.

Cancel
Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy