Die Chris Barnard-prys vir kortverhale het ten doel om aan beginnerskrywers die geleentheid te gee om hulle werk in druk te sien. Dit is besonder waardevol aangesien die geleenthede om kortverhale gepubliseer te kry, deesdae selfs meer beperk is as voorheen.

Zalman S. Davis van Minimal Press het hande gevat met Die Chris Barnard-prys, beoordelaars en geaffilieerde instansies, om wenverhale van 2020 te identifiseer en tesame met nog een en twintig verdienstelike verhale in ’n bundel te publiseer. Beide Afrikaanse en Engelse verhale het in aanmerking gekom. Die wenverhaal, Stargazing, was vir my besonder treffend en ’n waardige wenner na my mening.

Daar is uiteenlopende temas aangeraak. Oor die algemeen was die verhale vir my redelik somber, hoewel dit beslis voldoen aan die wenresep van onverwagte en dikwels skokkende uitkomste in kortkuns. Zalman S. Davis maak die volgende stelling in die voorwoord: “Kortverhaalbundels soos dié is ’n kosbare belegging in taal, kreatiwiteit en die Suid-Afrikaanse kultuurerfenis. Lesers se aandeel in so ’n projek is onontbeerlik want ’n verhaal bestaan nie voor dit gelees is nie.”

Op Amazon is ’n Kindle weergawe te koop, of bestel by Minimal Press die papierboek