Vandag dra ek my sussie se trui. Dit is haar verjaarsdag en ek mis haar. Ek mis die potte sop en haar oop voordeur op 19 Junie elke jaar. Ek mis die boeke omruil en die middagetes. Ek mis vakansies saam. Maar sy mis beslis nie die stryd van haar laaste jare op aarde nie, sy mis nie die koue nie, ook nie die verlang na almal wat haar vooruitgegaan het nie. Sy vier 87 vandag op ‘n beter plek, maar jare maak seker nie meer saak nie.

Ai, dis eina…
Drukkie vir jou ❤️
Saam met jou verlangend en missende. My ma is Junie 2006 oorlede. Dis altyd ‘n gemis maar beter soos jy sê omdat hul nie meer seer het nie. Stywe druk vir jou.
Baie dankie vir julle meelewing, liewe blogvriendinne
En dit lyk na ‘n besonderse trui. Ai, Amanda, swaar goete die.
Inderdaad swaar… Maar ek lief die trui en dra dit baie graag
Dis nou so spesiaal dat jy jou sus se trui kan dra. Veral op ñ ekstra verlang dag, Amanda.