Engela Goedhart lyk op die oog af na ‘n inskiklike, nimlike dogtertjie, maar dit is sy allesbehalwe. Sy het die gawe om in die moeilikheid te beland en haar slim planne loop gewoonlik skeef. In hierdie boek, die eerste in ‘n reeks van drie, is daar drie stories vervat. In die eerste verhaal probeer sy bewys dat die skoolhoof ‘n pruik dra. Daarna neem sy aan ‘n modelsessie deel en, soos verwag kan word van Engela, is daar vuil word en drama. In die derde storie gaan Engela en haar ma vir ‘n naweek na ‘n spa, wat nie heeltemal aan hulle rooskleurige verwagtinge voldoen nie.

Die karaktertjie is oorspronklik deur Engelse skrywer, Alan MacDonald geskep en David Roberts het die prettige illustrasies gedoen. Dit is in Afrikaans vertaal deur Shawna-Leze Meiring en lees baie gemaklik. Dit is ideaal vir dogters van 9 en ouer.

Bestel die gedrukte boek, Engela Goedhart, hier

Bestel Engela Goedhart, Koninginby, hier

Bestel Engela Goedhart, Superster, hier