’n Verhouding tussen Jonette en Brink is onwaarskynlik, want haat en verbittering dikteer beide van hulle se denke en optrede. Die liefde is egter ’n skelm ding wat hom nie laat voorskryf nie en stelselmatig die skanse afbreek wat mense om hulself bou.

Terwyl Jonette self sukkel om vrede te maak met verwerping en haar vroeëre, oorgewig self, probeer sy tog om vir Brink te oorreed om sy wrok teen sy beste vriend en sy eks-verloofde te laat vaar. Sy het boonop die emosionele las van ’n ma wat hulle verlaat het vir ’n ryk man en ’n spoglewe. Daar is dus oorgenoeg rede om te gryp na fudge, wat haar trooskos is vir ontsteltenis.

Die storie se slot was vir my besonder mooi en anders as die huweliksdag waarmee baie romanses afsluit. Jonette raak weg in haar droomwêreld -“’n wêreld waar liefde die soetste soet is wat sy nog gesmaak het, ver meer as fudge.”

Soeter as fudge is ’n Romanza uitgegee deur Lapa en kan hier bestel word

Bestel die E-boek hier