Was hier ’n kompetisie ter sprake, sou Daniël Roux moeilik geklop kon word. ’n Aantreklike, suksesvolle man wat mister Darcy aanhaal? Regtig? Watter romantiese siel sou nie gek wees na hom nie? Daar was egter oorgenoeg konflik in hulle komplekse verhouding. Katryn maak impulsiewe aannames oor Daniël wanneer sy hom ontmoet, wat uitloop op, soos hulle dit self beskryf, ’n bal wat heen en weer oor die net gegooi word. Die titel van Renda de Waal-Fourie se tweede Romanza is in die kol, gegewe hierdie verloop van die verhouding.

Waar ek my stryk bietjie verloor het, was met die toneel waar Katryn en Daniël saam gesels oor die brief wat hy geskryf het, en haar kommentare daarop. Dit was nie vir my heeltemal deursigtig presies wié aan die woord is. Ek was te haastig om by die versoening uit te kom om terug te verwys na die oorspronklike toneel waar sy haar repliek aangeteken het.

Die slothoofstuk het darem vergoed daarvoor. Dit het al die voelgoed elemente wat ’n romanseleser verwag, daardie mooi toekoms wat die lesers tevrede laat glimlag.

Koop die gedrukte boek hier, nog vandag teen die Vrouemaand afslagprys

Koop die E-boek hier