As dit die norm was om sterre aan karakters toe te ken, het ek vir Ouma Mollie ’n dawerende vyf sterre gegee. Dina Botha het daarin geslaag om ’n absoluut minlike karakter te skep in haar nuwe Romanza, Soos in stories. Wat haar uniek maak is haar outydse waardes, maar gelouter met ’n skerp sin vir humor, sarkasme, en bowenal ’n onversetlike begeerte om haar kleindogter te sien floreer. Selfs al sou dit beteken dat sy moet weggaan uit Trompieshoogte.

Marijke staan haar man baie goed teen haar ouma se vooropgesette idees, hoewel sy dikwels maar swig voor die aanslag. Hierdie karakter is ook uitstekend ontwikkel, so ook die manlike hoofkarakter, Jean-Pierre. Dit verstom my steeds dat ‘n skrywer met soveel titels op haar kerfstok, steeds daarin kan slaag om nuwe karakters te skep met ’n unieke stem – of dalk is dit juis die ervaring wat die geheim is.

Ek is gretig aan’t lees om te sien hoe die beeldpoetskomplot gaan afloop waaraan Marijke deel het onder aanmoediging van, natuurlik, Ouma Mollie! Die Romanza is direk by Lapa te koop, by hierdie skakel. Koop die E-Boek hier