Marlien beleef ’n dubbele trauma op een dag en ’n jaar later is sy gereed vir ’n verandering. Sy aanvaar ’n droompos op ’n wildsplaas wat toevallig aan haar eks en sy pa behoort. Wanneer dit blyk dat Eben terug is op die plaas, ervaar sy hom as onbeskof, befoeterd en vyandig. Almal is aan die gis oor dié twee se openlike konflik, en skimp oor die fyn skeidslyn tussen liefde en haat.

Eben se optrede teenoor Marlien verdien die leser se argwaan, maar die oomblik toe die buffel wyk en hy verskoning vra omdat hy so gemeen is, raak my romantiese hart sommer week.

Dit is geensins ’n unieke tema nie, maar met ’n paar kinkels in die storielyn, slaag die skrywer om die aandag te behou en kan mens al die blokkies van ’n suksesvolle romanse afmerk. Drie sterre van #amandinkso

Koop die gedrukte boek hier

Koop die E-boek hier