Hoewel die woorde “vir die liefde” ontbreek uit die titel van Rina Cilliers se derde Romanza, lê dié sentiment van iets aanbied vir die liefde, wel aan die kern van die storielyn. Lienke se geliefde, Schalk, onttrek homself op die nippertjie van hulle Turkse- en Griekse eilandetoer, wat hulle verlowingsreis sou wees, maar sy besluit om tog te gaan. Sy wil ’n egte, antieke dubbelknoop Turkse tapyt koop om vir haar geliefde aan te bied, maar nadat haar pad kruis met Bas, besef sy dat so ’n tapyt nie bestem is vir Schalk nie. Die emosionele spanningslyn loop sterk, want dit is nie gelykpad met Bas in die rondte nie.

Die storielyn leun sterk op die geskiedenis, tradisie, kosse en plekke in Turkye, sodat die leser nogal heelwat wys word oor daardie deel van die wêreld. Die gevaar bestaan egter dat soveel agtergrondinligting die fokus kan aftrek van die ontwikkelende verhouding, ’n fyn lyn vir ’n skrywer om te handhaaf. Verskillende lesers sal dit bepaald verskillend ervaar, maar vir my was dit die verskil tussen drie en vier sterre, want andersins was dit ’n interessante lekkerlees romanse, met al die los drade uiteindelike goed saamgeknoop.

Koop die gedrukte boek hier

Koop die E-boek hier