Bekende vreemdeling… ’n lekker titel wat mens sommer dadelik aan die dink sit! Dan duik die voorgee-huwelik weer op, en ek wonder of die tema vars en suksesvol aangebied gaan word. Alma Carstens, bekwame skrywer wat sy is, stel gelukkig nie teleur nie.

Trixane dwing op veertien ’n belofte af van haar agtienjare jeugvriend, op wie sy van altyd af verlief is; welke belofte hy inderdaad kon gestand doen met ’n huweliksaanbod vlak voor haar dertigste verjaarsdag. Die storielyn word lekker uitgebou met ’n familiebesigheid se eise aan die held se kant, en ’n familievloek waaronder die vrouens aan die heldin se kant vir jare gebuk gaan.

Trixane moet baie wisselende emosies hanteer, en die skrywer slaag daarin om die held se motiewe en gevoelens lank te verskans. Die ontknoping is egter so romanties as wat kan kom, en sal selfs kieskeurige romanselesers met ’n tevrede glimlag laat.

Koop die gedrukte boek hier

Koop die E-boek hier