Romanses word aljimmers afgekraak as synde voorspelbaar, maar René van Zyl het ‘n lekker verrassing weggebêre vir die ontknoping van haar nuutste Romanza, Liefde in die boendoes. Die boendoes synde Botswana, en alles van primitiewe blyplek tot luukse lodges, en die ongerepte omgewing as sulks, word beurtelings as ruimte vir die afspeel van die gebeure geskets.

Jani, die plat-op-die-aarde meisie met geen illusies oor haar vermoëns om te flankeer of iemand se aandag te trek nie, word sterk gekontrasteer met die beeldskone Tersia, wat oorloop van selfvertroue en dadelik vir Ruan teiken as ’n vangs. Op sy beurt word Ruan afgespeel teen Jani se lewensmaat, Victor, wat tuis vir haar wag. ’n Heel interessante scenario wat hom afspeel, baie behandig hanteer deur die skrywer, wat haarself al deeglik bewys het as suksesvolle romanseskrywer. Dit kry vier sterre van my af.

Koop die gedrukte boek hier

Koop die e-boek hier teen ‘n gawe afslagprys