Die enorme effek van dwelmgebruik binne ’n gesin, soos gesien vanuit die oogpunt van ’n ma wat reeds haar man aan die dood afgestaan het, het my laat sidder; juis omdat geen gesin ’n waarborg het dat ’n soortgelyke trauma hulle nie sal tref nie.

Onwillekeurig wou ek ongeduldig raak met die ma wat aanhoudend verskonings vind vir haar seun se optrede. Haar ontnugterende besef (bl. 159) het my egter soos ’n vuishou in die maag getref: “Al hulle drome vir hom moet verander. Hy is nie meer dieselfde mens as wat hy twee jaar gelede was nie. Dis tyd om afskeid te neem van die kind wat sy geken het, die persoon wat sy gedink en gehoop het haar kind sou wees.”

Die beeld van arendsvlerke waarvoor die gesin volhardend bid, is baie treffend en verskaf die hoopvolle element in ’n andersins donker prentjie. Hierdie geestelike fiksieverhaal lê baie na aan die waarheid en mens kan nie onaangeraak bly nie. Dit is die eerste publikasie van Lapa Uitgewers onder die splinternuwe druknaam, Luca.

Bestel die gedrukte boek hier

Bestel die E-boek hier