Wat die see gesien het, is ‘n ouer boekie wat nou op my leeshopie beland het. Dit is geskik vir voorlees aan kinders van drie jaar en ouer, en jong selflesers kan dit ook geniet.

’n Geliefde beertjie wat ’n erfstuk is, word Sophia se allergunsteling speelding, ’n maat wat alles saam met haar doen. Totdat haar beertjie in ’n storm verlore raak en op ’n verlate strand beland. Die see sien die verlate beertjie en probeer vergeefs om die beertjie weer by haar eienaar te kry. Die storie spreek verskeie emosies aan: verlies, vasberadenheid, hoop en baie belangrik: “niks is ooit weg as jy dit in hou hart hou nie.”

Tom Percival was verantwoordelik vir die teks en die lieflike illustrasies. Jaco Jacobs het gesorg vir die Afrikaanse vertaling, en dit is deur Lapa uitgegee.

Dit kan tans by Lapa bestel word teen ’n gawe afslagprys. Koop hier