Menige suksesvolle skrywers het al langs hierdie weg onder die leserspubliek se aandag gekom. Jeugromans is een van die gewildste genres in Afrikaans, na my mening. Oud en jonk raap die boeke op so vinnig as wat dit die lig sien. As jy dus enige ambisie het om daardie storie in jou kop uiteindelik op papier te sit, is hierdie dalk net die geleentheid waarvoor jy gewag het.