Daar was In sy arms, In sy stilte en In sy glimlag. Nou bring Felicia Snyman die effens eksentrieke, suksesvolle en selfstandige Rouxlé vir haar lesers, met In sy hart. Van die vorige karakters maak weer hulle verskyning, maar hierdie romanse kan selfstandig gelees word.

Wat my opgeval het in hierdie storielyn, is die sterk bande wat daar bestaan tussen familielede, hoewel hulle standaarde en verwagtinge hoog kan wees. Ook die gevaar daaraan verbonde om haastige aannames te maak sonder om feite deeglik te ondersoek. Of dit nou is met betrekking tot vaardighede (die skermkompetisie) of iets veel erger, soos vertroue wat klaarblyklik geskend mag wees.

Daar is ook ‘n goeie skeut spanning, wanneer ‘n ou vertroueling vir Rouxlé vir ‘n tweede maal in die rug steek. Ook die kwessie van ouderdomsverskil in ‘n verhouding kom onder die loep. Kortom, ‘n lekker volronde storielyn met goeie variasie.

Koop die E-boek hier

Koop papierboek by onderstaande skakel