In haar vorige Romanza, verwys Rina Cilliers na die Kroasiese legende van ‘n broodjie wat vir ‘n geliefde gebak word. Hierdie keer is dit ‘n kosbare swart opaal wat aangebied word as ‘n blyk van liefde en jare later as verjaarsdaggeskenk in die hande van ons heldin, Johlene, beland.

Johlene trotseer die spreekwoordelike drie ongelukke onderweg na die gasteplaas, Duikersvlei. Haar voorneme is om ‘n koffietafelboek oor grafte in die omgewing saam te stel, maar die eintlike motief vir haar wegbreek is om haar ma se biologiese ouers op te spoor.

Die storielyn is kompleks en interessant, met die skrywer se kenmerkende skerp humor wat plek-plek deurslaan. Die geskiedenis van die legendariese Italiaanse krygsgevangenes word suksesvol met dié van die omgewing se mense vermeng. Ek gaan niks van die romantiese ontknoping verklap nie. Lees dit gerus self.

Rina Cilliers is nog ‘n betreklike nuweling in die Romanza stal, maar sy maak deeglik haar merk. Ek sien uit daarna om meer uit haar pen te lese te kry.

Koop die papierboek hier

Koop die E-boek by onderstaande skakel