’n Seevakansie en ’n handvol Romanzas is uitstekende pasmaats, het ek onlangs weer ervaar. Die gewilde klein boekies lê mos knus langs ’n strandhanddoek en sonskerm in jou strandsak. Ek was ook redelik seker dat Seewier en sjampanje, die nuutste uit die pen van bekroonde skrywer, Rosita Oberholster sal sorg vir ’n hele klomp voelgoed emosies.

Die kennismaking met Maya was egter redelik ontsettend. Sy vlug Duinebaai toe om haar wonde te lek na ’n gemene egskeiding. “Die verraad volg haar oral waar sy gaan. Vreet soos ’n rot aan haar binnegoed.” (Bl. 20). Die skrywer gebruik mooi gebare as teenvoeters is vir Maya se negatiwiteit, soos ’n skoonmaker wat vir haar die kleedkamer oopsluit, die assistent by die hardeware winkel wat die ekstra myl loop. En daar is die skoonmaker, Fien, uitkoms met die vuil huis wat sy op Duinebaai aantref, en ’n geleentheid vir Maya om vir ’n oomblik weg te kyk van haar eie situasie en iets vir iemand anders te beteken.

Alec, met sy broeiende blik, het ’n geskiedenis waarvoor Maya wegdeins, so kort na haar egskeiding. Boonop kompliseer die voorbarige Elria enige verhouding wat mag ontluik. Dit is pure romantiese intrige, en het natuurlik ’n lieflike einde.

’n Bonus vir diegene wat aan die Lekkerleesboekrak se leesuitdaging deelneem: kry hierdie Romanza en merk nommer 23 af: ’n Boek met ‘n boek op die voorblad.

Koop die E-boek hier

Koop die papierboek hier