Somerson is die derde inspirasieverhaal uit die pen van Madelie Human, en een wat ek terdeë geniet het. ’n Heerlike herfsdag op die strand was die ideale geleentheid om hierdie romanse nader te trek. Dit volg op Herfswind en Winternag, en hierdie keer is Driaan se suster, Sabrina, die hoofkarakter.

Die sentrale geestelike kwessie wat aangespreek word, is onsekerheid oor besluite, ambisie en ideale en hoe dit aanhaak by die Here se wil vir jou lewe. “In plaas van om te sê ‘Here, ek weet nie wat ek moet doen nie’, sê liewer ‘Here, ek kan nie wag om te sien hoe U dit gaan doen nie.'” (Bl 71).

Hierdie wysheid, wat nommerpas is vir die situasie waarin Sabrina haar bevind, kan elke gelowige met vrug toepas.

Die plaas van die verhaal aan die begin van grendeltyd, maak dit lekker aktueel en verskaf nuwe moontlikhede vir die plot om te ontwikkel.

Hoewel ván die fyner detail gaan ontbreek, sal lesers van Somerson wel redelik leidrade kry oor die eerste twee boeke se karakters en storielyne, maar lees hulle gerus in volgorde indien moontlik.

Koop die E-boek hier

Koop die papierboek by onderstaande skakel