Grafiese romans in Afrikaans, en boonop geoormerk vir tieners, is ’n rariteit. Fanie Viljoen het met Laaste Lewe ’n leemte in die mark kom vul en dit is perfek om seuns aan die lees te kry. Die illustrasies deur Daniël Hugo het soveel detail dat dit die storielyn perfek aanvul.

Gebaseer op Fanie Viljoen se novelle, The last time I died, wat in 2016 deur Ransom Publishing uitgegee is, vertel dié prenteboek die storie van ’n spesiale seun wat sewe lewens het. Ses is opgebruik en met net een lewe oor, het hy een kans om met Die Swart Kraai af te reken en sy pa se dood te wreek. Hy vind ’n bondgenoot in die pragtige Claire, wat hom byna begrawe het.

Die grafiese roman word deur Lapa uitgegee, en kan hier bestel word. Ook as E-Boek beskikbaar.