Om te praat van ’n liefdesdriehoek, gaan nie essensie van Ciska Olivier se nuutste Romanza, Dubbel die moeilikheid, vasvat nie. Veel eerder kom die beeld van ’n vierkant by my op. Identiese tweeling, Hannah en Anna neem twee hoeke op, terwyl Derick en Tony teenoor hulle staan. Probleem is net, wie is wie?

Die noodwendige voorspelbaarheid van ‘n liefdesverhaal ten spyt, slaag die skrywer baie goed daarin om die leser aan die raai te hou oor hoe die onvermydelike konfrontasie gaan uitspeel. Terwyl die intrige redelik kompleks was, het die skrywer goed kopgehou met leidrade, name en situasies en die karakters goed uitgebou.

Kry gerus hierdie een as jy hou van ’n romanse wat jy sommer in een sitting sal wil deurlees.

Ook as e-boek beskikbaar