Ek is seker een van die mins-gekwalifiseerdes om kommentaar te lewer wat die digkuns aanbetref. Tog net ’n woord of twee rakende die nuwe bundel van Susanne Pike.

Op Versindaba (https://versindaba.co.za/2020/08/20/nuwe-bundel-susanne-pike-gisterwinter/) lees ek die volgende: “Gisterwinter is ’n bundel verse waarin die spreker die soms pynlike introspeksie van kind- en grootmenswees blatant eerlik, anders-kreatief en woordekonomies weergee. Die verse is gestroop van oordrewe sentiment, maar sonder om die nodige sensitiwiteit rondom sake soos mishandeling, egskeiding en lewensverlies prys te gee.”

My gebrekkige kennis ten spyt, lees ek wel van hierdie kwaliteite raak in die gedigte toe ek dit in een sitting deur werk. Agterna blaai ek terug na “blou”, “onthou” en die twee krismisgedigte, vir nou my gunstelinge.

Gisterwinter is uitgegee deur ’n nuwe uitgewer, Minimal Press. Bestel op hulle webwerf