Daar is al baie gesê oor hierdie debuutroman van Delia Owens, en uiteindelik kan ek my stuiwer in die armbeurs gooi, maar helaas nie eintlik veel byvoeg nie. Die verhaal van Kycrawdadsa, die sogenaamde “Marsh Girl”, is deurspek van vooroordeel en gemeenheid, maar die teenpool van goedheid en omgee, keer dat dit te swartgallig word om te hanteer.

Die storie ontwikkel knap met twee aparte tydlyne wat mettertyd nader aan mekaar beweeg en uiteindelik in ’n verrassende einde uitloop. Ek het aanvanklik effens gesukkel om ’n leesritme te kry, hoofsaaklik vanweë die taal van die boorlinge van die streek waarin die verhaal afspeel. Geleidelik het ek egter gemakliker geraak daarmee en begin verstaan waarom die storie so hoog aangeskryf word. Dit verdien ’n stewige vier sterre van my af.