Ek het onlangs ’n klompie báie ou kinderboeke onder oë gehad, en opnuut respek gekry vir die gehalte van moderne kinderboeke. Veral vir die feit dat dit deur die bank ’n belangrike les aan die kinders oordra.

Ontmoet vir Hansie, te vreesbevange om buite sy huisie te waag, al verjaag dit uiteindelik sy maat, Hannie. Wanneer hy dit uiteindelik buitentoe waag, beleef hy ’n rits avonture en groei sy waagmoed met rasse skrede.

Die oorspronklike Engelse weergawe, A little bit brave, was skrywer Nicola Kinnear se debuutprenteboek. Die pragtige kleurvolle illustrasies het sy self gedoen, en dit is in goeie Afrikaans vertaal deur Elsa Silke. Die bladsy is lekker deursaam en behoort ’n goeie klomp lees-sessies te kan hanteer voordat dit verweerd lyk.

Die boek word in Afrikaans uitgegee deur Human en Rousseau.dapper