Rozaan de Wet neem die leser in haar debuutroman in die binnekamers in van nie een nie, maar twee disfunksionele gesinne. Selfverwyt lê aan die basis van die trauma wat vir Claire en Kris uitmekaar dryf en hom uiteindelik as ‘n drankverslaafde laat. Wanda is ‘n toonbeeld van elegansie en selfbeheersing, maar sy leef in die skaduwee van ‘n narsistiese en ontroue man wat haar totaal oorheers. So gewoond om haarself sy mishandeling te laat welgeval, dat sy self begin vermoed dat sy aan Stockholm-sindroom ly.

Dieuitdiehartvan'nvrou skrywer gebruik interessante beeldspraak , soos die dier wat Wanda ruik en hoor grom, ‘n dier wat haar uiteindelik byna vernietig. Sy wonder hoeveel ander vroue dieretaal verstaan; sy noem dit ‘n “saggiestaal”. (Bl 210)

Die karakters verander en groei deur die loop van die verhaal, en ek kon aanvoel dat dit afstuur op ‘n ramp soos die spanning opbou.

Ek moet bieg dat ek nie maklik gelees het aan die boek nie; dalk lê die fout by die elektroniese medium, dalk bloot by die feit dat die karakters deurgaans groot stryd beleef. Die probleme waarmee die twee vroue te kampe het, is relevant en word met eerlikheid aan die leser gebied. Dit laat die leser vir seker nie onaangeraak nie.

Advertisements