Soms gaan dit glo maklik, maar menige mamma het elke stukkie hulp nodig om daardie moeilike doek-na-potjie-fase te oorleef. Geen wonder dus dat daar talle kinderboeke daaroor die lig sien nie. Die nuutste wat ek onder oë gekry het, is Human & Rousseau se “Mag ek in jou doek loer?”. Dit is egter nie ‘n nuwe storie nie. Tewens, hierdie uitgawe is die 10doekde verjaarsdaguitgawe van die Belg, Guido van Genechten se gewilde boek. Dit is in Afrikaans vertaal deur Philip de Vos.

Soos ons gewoond is met H&R produkte, is die gehalte van die hardebandboek goed, dit is kleurvol en prettig geïllustreer, met flappies wat oplig vir die loerslag. Dit behoort byval te vind by kinders van twee tot vier jaar.