Ek wonder wie deel my frustrasie? Een van my aankope op die Koop ’n Afrikaanse Boekdag 2019, is ’n Belofte vir Bippie, van Elsa Winckler. Dit volg op ’n Brief vir Reina wat ek, kaIMG_3933n jy glo, verlede jaar by dieselfde geleentheid gekoop het.

Nou vir die dilemma: ek brand om Bippie te begin lees, maar my geaardheid dikteer dat ek eers vir Reina herlees om die storielyn te verfris. Daar het immers ’n jaar verloop en ’n mens vergeet die detail – veral omdat ek so baie lees.

Tensy ek myself sover kan kry om te vluglees, gaan Bippie nog ’n rukkie moet wag op die boekrak, saam met Die Kind uit die wingerd. Hoe sê my dogter aljimmers: “It’s a tough life!”

 

Advertisements