Hierdie nuwe spanningsverhaal van Bets Smith is reg in my kraal. Vir die lesers wat floreer op bloeddorstige en grafiese krimi’s, mag hierdie verhaal dalk te lig in die broek wees, want die klem van veel meer op die karakters as op die moord, of was dit moorde.

Ons vind vir Daleen, ’n enkelma wat haar man aan siekte verloodooiegetyr het en vir Dalri, haar tienerdogter. By die gewone uitdagings wat so ’n opset stel, het daar jong kinders op die kusdorpie verdwyn, en meer onlangs ’n tiener waarvan daar nog geen spoor gevind is nie. ’n Kleurvolle verskeidenheid van karakters vorm die agtergrond waarteen die ondersoek na die moord van ’n geliefde inwoner afspeel.

Die storie het ’n kragtige hook. Die moord word só beskryf dat die leser nie onmiddelik die kloutjie by die oortjie kry nie. Algaande ontvou en verdiep die intrige, en die spanning bou enduit op. Daleen stel haarself in gevaar deur amateurspeurder te speel. Dit gee my die kans om daardie item op die Popsugar 2019 uitdaging af te merk.

Gun jouself goeie leestyd. Ek was verras dat dit reeds diepnag was voordat ek klaargemaak het. Neersit was later net nie ’n opsie nie. ’n Sterk 4/5 van my af.

Advertisements