Iewers tussen voelgoed liefdesverhale aan die een kant, en harde moordverhale aan die ander uiterste, lê daar vir my ’n gleuf waarin spesifieke verhale tuishoort. Gewoonlik stories van mense wat so seer kry, emosioneel en fisies, dat hulle die dood in die oë kyk, soms selfs die dood sou verwelkom het, maar hulle oorlIMG_2039eef om te getuig daarvan.

Dit is dan ook in hierdie spasie waar ek Skarlakenkindes sal plaas. Kirabo werk by Berg van hoop, ’n nieregeringsorganisasie wat bedryf word op ’n plaas. Soos die naam aandui, is dit ’n plek waarheen mense kan ontvlug vir berading of bloot om hulself te vind. Soos Kirabo self, het elkeen van die vyf vroue wat daardie week deel uitmaak van die groep, ’n traumatiese verlede of ’n verslawing wat sy nie wil erken nie. Namate die groepsessies en interaksie tussen die vroue, hulle situasies blootlê, hoor die leser van verkragting, tronkstraf, mensehandel, prostitusie. Die gevare van sosiale media, veral waar dit jong mense aanbetref wat beïnvloedbaar is, kom ook onder die loep. Die boek is boeiend en ontstellend, maar nie sonder ’n boodskap van hoop nie.

Die skrywers se bedankings aan die einde van die boek, het my vermoede bevestig dat hierdie verhaal gebaseer is op navorsing en ware lewensverhale van getraumatiseerde mense. Daar is ook feitelike inligting oor mensehandel en prosedures om te volg wanneer mense vermis word. Die verhaal word vertel vanuit ’n Christelike perspektief en is deur Lux Verbi uitgegee.

Advertisements