“Bytjie blaas en ons moet sing, Bennie kan jy die storie bring?” Ek het ’n ordentlike dosis nostalgie gekry toe ek die nuwe Human & Rousseau storiebundel onder oog kry.

In die flapteks word die stelling gemaak dat skrywer, Louise Smit, wat vir Bennie Boekwurm die lig laat sien het meer as 44 jaar gelede, geslaag het om ’n karaktertjie te skep wat by kinders en volwassenes ewe gewild is. My herinneringe het ver paaie gaan loop, en Bennie-Boekwurm-se-mooiste-stories-2 ek wil volkome saamstem met die stelling.

Bennie Boekwurm se mooiste sprokies 2 het nou die lig gesien. Louise Smit se lieflike skryfwerk en Johann Strauss se uitmuntende illustrasies laat ou bekendes soos Rooikappie, die skoenmaker se kabouters, Duimelina en Sneeuwitjie nuwe lewe kry. Die boek is ideaal vir voorlees, of vir jong lesers om self te lees. En natuurlik ook vir die volwassenes wat ’n swakte het vir Bennie, die bytjies en die singende sonneblomme! Maak sommer spoedig ’n draai by Bennie se tonnelhuisie met sy biblioteek vol boeke. Daar is sprokies vir elke smaak.

 

Advertisements