Na ’n redelike skryfstilte, is Bernette Bergenthuin terug op die rakke, weliswaar met ’n boek wat aansienlik verskil van haar vorige boeke wat ek gelees het. In Die lewe vir beginners het die karakters ernstiger kwessies om mee te handel as net sake van die hart, hoewel dit nie agterweë gebly het nie.

Ek het binne die eerste bladsye reeds die naderendie_lewe_vir_beginners_rgb_1de onheil aangevoel. Die Weskusdorpie was ’n geslaagde milieu vir die grootste gedeelte van die verhaal. En dan is daar natuurlik die oortuigende karakters, soos Stuyvesant, oor wié daar al iets soos ’n kubertoutrekkery ontstaan het onder die vroulike lesers. Carla en Mignon kom begryperlikerwys met hulle emosionele probleme en voorbehoude.

Ek dink die skrywer het haarself uitgedaag met hierdie storielyn en daarin geslaag om af te wyk van die styl waaraan ons gewoond is, sonder om haar aanhangers te vervreem.