Madelie Human se nuutse Romanza, Lank, donker en verleidelik, is ’n eerste. Nie vir die skrywer nie, want sy is lankal reeds bekend vir haar romanses. Ook nie vir die huidige reeks nie, want dit volg knap op Lank, donker en gevaarlik wat vroeër vanjaar verskyn het. Die is wel die eerste maal dat ek iets lywiger as ‘n novelle op ’n tablet gelees het. ’n Hele gesukkel afgegee voordat ek ’n oulike toep ontdek het wat PDF’s kan lees op my redelik antieke iPad. Daarna het dit mooi op dreef gekom en klank_donker_en_verleidelik_rgbon ek selfs langs die pad ’n nota invoeg en later sukkel om dit weer op te spoor. ’n splinternuwe leerskool vir my.

Terug by die verhaal:  hierdie keer is dit die hart van die tweede Schoeman broer, Herman, wat in die gedrang kom wanneer hy verpleeg word deur die oulike, fyn maar vurige Tessa. Ek het gehou van die trant waarteen die verhouding sommer van meets af aan ontwikkel het. Hulle was tog gek oor mekaar en die skrywer sloer nie juis om hulle dit te laat besef nie. Sy behou wel ’n lekker spanningslyn deur die vroeëre seerkry in Herman se lewe nie té gou te deel nie. Die sage met die renosterstropers wat in die eerste boek begin het, duur voort en dra ook lekker by tot ’n romanse met propvol aksie.