Van tyd tot tyd kom daar ’n boek oor my pad, waartoe ek met omsigtigheid my #amandinkso voeg. Ek het die boek half hortend begin lees, aandag afgelei deur ander verpligtinge, wat die skrywer en die storie oneer aandoen. Dit is eers nadat ek my spreekwoordelike tande daarin kon kry, dat ek verstom staan oor die hoeveelheid navorsing en kennis wat vasgevang is in die driehonderd bladsye van ’n merkwaardige en eiesoortige historiese roman. Die besondere woordvaardigheid van die skrywer beïndruk. Die geskiedkundige karakters se stem is totaal verskillend van die moderne karakters, met die ryk beelde van die Zoeloe’s wat soos ‘n robloedlelieoi koord dwarsdeur die verhaal loop.

Die verhaal wissel tussen die geskiedenis van Piet Retief en sy minder bekende vrou, Magdalena, en die huidige waarin Hanna navors oor Magdalena terwyl haar man doenig is met grondeise. Die skrywer trek ’n treffende parallel tussen die Voortrekkers se soeke na grond en die eise wat tans aan die orde van die dag is, sonder om uitsprake te maak ten gunste van enige bevolkingsgroep.

Hanna se opmerking is waar, net soveel vandag as in die agtienhonderds: “Elke kontinent het sy skemers. Afrika s’n dra net swaar aan sy bedroefdheid.” (bl 285)

Indien ’n suiwer historiese aanslag nie heeltemal in jou smaak val nie, is Bloedlelie presies wat ek sal aanbeveel, want geskiedenis en die hedendaagse wissel mekaar effektief af, sonder om kontinuïteit in te boet.