Lizelle von Wielligh is ’n vars stem, met hierdie haar tweede RomanzaLiefde. Sy het ook reeds ’n Romanza op haar kerfstok, en het ’n gemaklike en onopgesmukte skryfstyl. Amanda het moeite om ’n man wat sy slegs een maal gesien het, uit haar gedagtes te kry, maar sy is verloof aan Herman en lojaal, al ontbreek die spark.

_n_ewigheid_van_di__rgb_1

Elsa Winckler wys dat sy binne die woordbeperking van die kortverhaal, ’n weldeurdagte liefdesverhaal kan skryf. Gena stap letterlik weg van ’n huwelik, net om in ‘n paar oë te kyk wat sy nie kan vergeet nie.

Die novelle en die kortverhaal is duidelik goeie pasmaats, omdat beide heldinne worstel daarmee of liefde met die eerste oogopslag moontlik is. Die helde het minder probleme met die konsep, en soos dit ‘n goeie liefdesverhaal betaam, wen die liefde altyd.

RomanzaLiefde is ’n elektroniese publikasie van Lapa Uitgewers.