A & I Poetry Challenge July 2018
Die uitdaging vir vandeesmaand was om op ’n radiostasie in te skakel en ’n gedig te skryf oor die eerste wat jy daar hoor. Ek het op LM Radio besluit en my inspirasie het gekom uit ‘n bespreking van Bob Dylan se Blowing in the wind.
The challenge was to tune into a radio station and write a poem about the first thing you hear. Blowing in the wind, hit song by Bob Dylan was being discussed on LM Radio when I tuned in, hence my inspiration.
Soos die wind
Waarom sterf ’n ma?
Kinders wat na haar vra
By pappa antwoorde soek
wat ontwyk
soos die wind
Waarom woel die volke?
Bedink wat sleg is, sê die Woord
Mense soek na antwoorde
wat bly ontwyk
soos die wind
Waarom het ons hard geword?
Stop ore toe vir nood
Ons soek vergeefs na liefde
wat steeds ontwyk
soos die wind
*****
Like the wind
Why does a mother die?
Children left asking, crying
Daddy searches for answers
fleeting
like the wind
Why do the nations fight?
Contemplating evil, says the Word
Man searches for answers
ever fleeting
like the wind
Why do we not feel the pain?
Help the needy and the weak
Man searches for love
always fleeting
Like the wind
Ware woorde vriendin… Iets waaroor ek ook nogal heel dikwels tob… Antwoorde het ons nie maar ek berus in die wete dat God in beheer is. Ons moet net oorgee en volkome vertrou al verstaan ons nie elke dag die pad wat ons moet loop nie. My gebed is dat ek sensitief sal wees vir ander se nood.
Ek hou van jou gedig.
xx
Baie dankie, ek ploeter maar met die digkuns! Uit my vaarwater, maar skryf uit die hart uit
Dankie dat jy gelees het ek vir jou kommentaar 💞
Pragtig hoor! Veral die Afrikaans is baie mooi. Dankie dat jy deelneem ek het hierdie maand n bietjie laag gele met my siekwees. Ek gaan jou skakel by Amanda sn ook insit sodat sy kan sien hoe oulik jy is.
Dankie! Buiten julle uitdaging, doen ek nie die dig-ding nie 😍
Toemaar ek doen dit ook net omdat Amanda dit graag wou doen. Ek is ook nie rerig in met die digkuns nie.
A serious comment and sad reflection in your poem. The final sentence has a beautiful sense of optimism for the human spirit. You have a lovely tone in your poetry!
Thank you so much, also for challenging us
It is entirely my pleasure, Amanda. I think it is wonderful that blogging can bring together complete strangers from across the planet and they find a connection, just through their words! That is magic!
Pingback: Poetry Challenge Roundup for July – Something to Ponder About
Pingback: Poësie uitdaging Julie opsomming. Poetry Challenge July Roundup. – I scrap 2
Uitstekend Amanda. Dis regtig ‘n goeie stukkie werk. Ek kon nie hierdie maand klaarkry met my gedig nie (internet-probleme nog steeds), maar ek het darem al so halfpad gevorder. Miskien kan ek die klaarmaak vir die volgende rondte; dit sukkel maar.
Baie dankie vir die terugvoer. Jammer jy kon nie klaarkry nie. Almal het hierdie maand gesukkel om uit die blokke te kom ☺️. Ek het dit ook byna agterweë gelaat