Met die splinternuwe verhoudingsroman, Die einde van die storie, bewys Santie van der Merwe waarom haar boeke gereeld op die topverkoperlyste kuier. Soos in haar vorige vier boeke, skryf sy emosies, verhoudings, versugtinge, misverstande, vrese en vele ander diep menslike belewenisse, oop tot op die been. Dit is baie maklik om te identifiseer met die karakters in hierdie verhaal, omdat hulle deur die bank lewensgetrou is.

Die skrywer het my deurentyd aan die wonder gehad oor die moontlike uitkoms. Saam met Lizzie, het ek wipplank gery en gewonder oor die liefde in ’n huwelik: behoort dit opwindend en vars te bly, of is dit natuurlik dat dit afplat? Volpunte aan Marthinus meIMG_E0957[1]t sy gevolgtrekking in hierdie verband: “Die ding is, ’n mens word lui. ’n Mens raak so tevrede dat jy nie bedag is op veranderende nuanses in jou huwelik nie.” (Bl 291)

Ek het baie gehou van die opskrif by elke hoofstuk; beskrywend genoeg om jou gretig te laat voortlees, sonder om te veel weg te gee.

Santie van der Merwe het haar nis sommer uit die staanspoor gevind in die Afrikaanse mark, en ek wil haar gelukwens met vyf uitstekende boeke in twee jaar. Dit kos gedoen te word