Terwyl gesoute romanseskrywers soos Dina Botha, oënskynlik moeiteloos titel na titel uitryg, is dit goed om soms net weer te besin daaroor dat daar desnieteenstaande ure en ure se werk ingaan, om van kreatiewe denke nie eers te praat nie. Terwyl ons in hierdie genre te doen het met ’n rigiede stel voorskrifte, moet elke nuwe verhaal iets uniek na die tafel bring, hetsy in die karakters, die plot of die plek. Dit verdien op sigself die leser seimg_05741-e1490854869651 agting.

In Ou liefde roes nie, ontmoet ons vir Milea McGregor, rykmansdogter en Marco Mendez van die seerooghuis in hulle straat, in Bentleypark. Die aantrekkingskrag tussen hulle, oorleef die tien jaar wat sy in Engeland deurbring; tien jaar waarin hy verander van ’n jongman met leerbaadjie en motorfiets na ’n suksesvolle sakeman.

Milea speel nie oop kaarte met die nuwe Marco nie, want sy wroeg met tien jaar vantevore se seerkry, terwyl sy kant van die storie ook sorg vir ’n paar raaisels. Ek het sy selfversekerdheid en terggees baie geniet, ook sy onversetlike deursettingsvermoë om uiteindelik deur haar skanse te breek. Ou liefde roes nie is ’n moet vir Romanzaverslaafdes en ander wat hou van ’n lekkerlees liefdesverhaal.