Idiliese Griekse eilande is die agtergrond waarteen Bobbi vir Marko leer ken. Bobbi is ‘n vryskut vertaler en skrywer van liefdesverhale. Sy is voor die kansel versaak en is van voorneme om nie weer haar hart bloot te stel nie. Marko reis die wêreld vol en skryf reisartikels en doen ander vryskut skryfwerk. Hy is geensins van voorneme om sy leefstyl te verander nie. 

Die skrywer skets die eilande in soveel detail dat dit byna lees soos ‘n reisartikel. In die eerste helfte van die boek het dit vir my amper meer aandag gekry as die emosies waarmee die heldin op Naxos aankom. Dit is goed dat dit wel momentum opbou en my aan die raai kon hou oor hoe dit uiteindelik sou uitdraai. Marko was konsekwent ‘n storieboekheld van formaat wat aanhangers van Romanzas met ‘n breë glimlag gaan laat.